Saturday, September 22, 2018

Wie sê julle is Ek? – Week 2



Matt. 16:13-18
13 Toe Jesus op ’n dag naby die stad Sesarea-Filippi kom, vra Hy sy dissipels: “Wat sê die mense oor My, die Seun van die mens?”
14 Hulle antwoord: “Party sê U is Johannes die Doper wat weer lewendig geword het. Ander sê weer Elia. Nog ander sê U is Jeremia of een van die profete.”
15 Jesus vra hulle toe trompop: “En wat sê julle van My? Wie is Ek volgens julle?”
16 Simon Petrus het nie ’n oomblik gehuiwer nie: “U is die Christus, die Redder wat deur God na ons gestuur is. U is die Seun van die lewende God.”
17 Daarop sê Jesus: “Jy is baie gelukkig, Simon seun van Jona! Want jy het dit nie by ander mense gehoor nie. Nee, my Vader in die hemel het self hierdie groot waarheid aan jou bekendgemaak.
18“Noudat jy gesê het wie Ek is, gaan Ek ook vir jou sê wie jy regtig is. Jy is Petrus, die rots. Op hierdie rots sal Ek my kerk bou. Hierdie belydenis is so groot dat selfs nie eens die grootste magte van die hel sterk genoeg is om dit stil te maak nie.”

Wat is jou prentjie van Hom? Hoe sien jy Hom?

Johannes Calvyn – Knowing yourself begins with knowing God – Man never attains to a true self-knowledge until he has previously contemplated the face of God, and come down after such contemplation to look into himself.

Jesus: Nie net ‘n voorbeeld VIR ons nie, maar ‘n voorbeeld VAN ons.

Wie se jy is Jesus?

Gen 28:10-16
10 Jakob is van Berseba af weg na Haran toe.
11 Teen sononder het hy by 'n plek gekom waar hy kon oornag. Hy het daar 'n klip vir 'n kopkussing gebruik en gaan lê en slaap.
16 Jakob het wakker geskrik en gesê: “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie.”

Richard Barret - A paradigm is a set of practices contained within a philosophical and theoretical framework. A new paradigm supersedes and old paradigm when the old paradigm is no longer workable, either because it is too small a container for new knowledge or no longer practicable.

‘n Metafoor nooi jou om deel te neem – om te beleef tenoor filosofiese en teoretiese verwysing waar ek eintlik net ‘n toeskouer kan bly.

Eugen Petersen - A metaphor is a terrible way to tell somebody something. You will probably misunderstand. The poet doesn’t care because the concern is not to tell you something but to get you involved in a cluster of words and images that radiate truth and actuality. The poet is not invested in which image you get as long as you participate in the experience.

In die boek Johannes - Johannes - Jesus se Geliefde Dissipel

In die bork Johannes word daar  ses keer daarna verwys dat Johannes Jesus se geliefde dissipel was. Daardie verwysing kom egter nie in een van die ander Evangelies voor nie. Aangesien Johannes self die skrywer van hierdie boek was, verduidelik dit iets van wat sy belewenis van Jesus was. Hy het in ‘n baie naby verhouding met Jesus geleef, en die boek Johannes spits hom dan ook daarop toe om aan sy lesers te leer van genade en hoe om in verhouding met God te staan.

EK IS - Stellings in Johannes

1. EK IS die Brood van die Lewe
Johannes 6:35
(35)  En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

2. EK IS die Lig van die Wêreld
Joh 8:12
(12)  En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

3. EK IS die Deur (Hek)
Johannes 10:9
(9)  Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.

4. EK IS die Goeie Herder
Johannes 10:11
(11)  Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

5. EK IS die Opstanding en die Lewe
Johannes 11:25
(25)  Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;

6. EK IS die Weg, die Waarheid en die Lewe
Johannes 14:6
(6)  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

7. EK IS die Wynstok
Johannes 15:5
(5)  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

John 10:6-10 The Message (MSG)
Jesus told this simple story, but they had no idea what he was talking about. So he tried again. “I’ll be explicit, then. I am the Gate for the sheep. All those others are up to no good—sheep stealers, every one of them. But the sheep didn’t listen to them. I am the Gate. Anyone who goes through me will be cared for—will freely go in and out, and find pasture. A thief is only there to steal and kill and destroy. I came so they can have real and eternal life, more and better life than they ever dreamed of.

Matt 14:25-29
25 Vroeg die volgende oggend, voordat dit lig geword het, het Jesus na hulle toe gekom. Hy het op die see geloop.
26 Toe sy dissipels Hom op die water sien loop, het hulle baie bang geword en gesê: “Dit is ’n spook!” Hulle was baie bang, en hulle het hard geskree.
27 Jesus het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Toemaar, dit is Ek! Moenie bang wees nie.”
28 Petrus sê toe vir Jesus: “Here, as dit U is, sê dan ek moet op die water na U toe loop.”
29 Jesus het vir hom gesê: “Kom!” Petrus het uit die boot geklim, en toe het hy op die water geloop na Jesus toe.

Ephesians 3:20-21(NKJV)
Now to Him who is able to do exceedingly abundantly above all that we ask or think, according to the power that works in us, to Him be glory in the church by Christ Jesus to all generations, forever and ever. Amen

Kan jy vra vir die onmoontlike? 


No comments:

Post a Comment