Saturday, September 8, 2018

40 days of love: The secret of lasting love.


Mag liefde nooit ophou om deur jou te vloei nie. 

Twee van my gunsteling skrywers maak die volgende stellings

Philip Yancey’s in sy boek “What’s So Amazing About Grace,” 
“There is nothing we can do to make God love us more and there is nothing we can do to make Him love us less.”

Max Lucado “If God had a refrigerator, your picture would be on it…you are valuable because you exist. Not because of what you do or what you have done, but simply because you are.”

Om liefde uit te leef moet ’n lewenswyse word. 

1 kor 13:7 Die liefde bly stil oor ander se foute,
dit bly steeds vertrou,
dit hou aan met hoop,
dit verduur alles.
8 Die liefde sal nooit vergaan nie.

Love never stops being patient, never stops believing, never stops hoping, never gives up.”  1 Cor. 13:7 (GW)

Love never stops ... 
Dit bly steeds ...
Dit hou aan ...
Dit verduur ...

Mense gaan jou teleurstel en in elke verhouding gaan daar oomblikke wees wat jy wil uitklim, maar

Paulus herinner ons om aan te hou liefde gee.
1 Kor 13:8 (BS) 7. Liefde ken ook g’n einde nie.8.Liefde is nie iets wat ’n mens kan opgebruik en dan sê dis klaar nie. Maar die spesiale geskenke wat die Gees aan mense gee.

Hierdie liefde wat aanhou dra kenmerke soos genade, vertroue en hoop.
Love never stops being patient, never stops believing, never stops hoping, never gives up.”  1 Cor. 13:7 (GW)

Genadevolle liefde.

Ef. 4:2 Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra.
3 Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle, julle daarop toelê om die eenheidsband te bewaar wat die Gees bewerk het.
Ons doelwit is om die eenheidsband te bewaar:
Ons moet in vrede met mekaar leef.
Mekaar met geduld te verdra.
Sien mekaar se tekortkominge oor.
Verdra mekaar se verskille.

Gal 6:1 Broers en susters, wanneer iemand in die een of ander sonde verval, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp. Wees baie versigtig dat jy nie ook versoek word nie. 2 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.

Genade, beteken nie om mekaar se sonde te ignoreer nie, maar ons raak in liefde, met nederigheid betrokke in mekaar se lewens.

Liefde glo en hoop.

Daar is ruimte vir tweede kanse.
Ons moet besef almal maak foute daarom gee ons mekaar ‘n tweede kans.

Liefde glo die beste van ander. 

Ek plaas ʼn 10 op jou kop.
Ek glo jy word wie jy is.

Die sirkel van liefde – Jy moet kan onvang om te kan gee.

Lees Luk 7 36-50

Drie karakters drie lesse:
Die vroue reageer in opofferende liefde omdat sy genade, liefde en vergifnis van Jesus beleef het.
Simon laat die stroom van liefde nie vloei nie.
Jesus self was bereid om liefde te onvang.

Maak jou hart oop vir Jesus se liefde, ontvang en sien dit raak.
Laat toe dat ander jou liefhê.
Laat hierdie liefde deur jou vloei na ander.

No comments:

Post a Comment