Saturday, August 26, 2017

Die Impak van Vrygewigheid



Die Impak van Vrygewigheid

 As ons die wêreld, die gemeenskap die omgewing  se opinie oor die kerk wil verander – wat dink jy sal die beste manier wees om dit te doen?
En indien ons dit kan verander – wat sal ons benadering wees om dit verander?
Ek glo dat die sleutel om dit te verander is generosity (vrygewigheid) – ‘n onbaatsugtige vrygewigheid.
Generosity is kragtig – dit breek mure af – eerlike opregte authentic generosity is moeilik om te weerstaan.
Hoekom? – want dit staan sentraal tot die boodskap van die evangelie. Want so Lief het God die wereld gehad .........................
Die interessante ding is dit – hierdie onbaatsugtige vrygewigheid was die kenmerk van die eerste eeuse kerk.
Wat beteken "generosity".
Jesus vertel ʼn baie bekende storie in Luk 10:25-37 - Die barmhartige samaritaan
En Jesus antwoord: “’n Joodse man was op reis van Jerusalem na Jerigo toe hy deur rowers aangeval is. Hulle het sy klere uitgetrek, hom aangerand en halfdood langs die pad laat lê. En toe is hulle vort. “Toevallig kom daar ’n Joodse priester verby, maar toe hy die man daar sien lê, het hy aan die ander kant by hom verbygegaan. “So het ook ’n Leviet daar aangekom, die man een kyk gegee en ook aan die ander kant verbygegaan. “Toe het ’n Samaritaan verbygekom, en toe hy die man sien, het hy hom innig jammer gekry. Die Samaritaan kniel toe langs hom, behandel sy wonde met medisyne, en verbind dit. Toe het hy die man op sy eie donkie gehelp en hom na ’n herberg geneem en daar verder versorg. Die volgende dag gee hy vir die herbergier twee silwermuntstukke en vra hom om die man te versorg. ‘As die rekening meer as dit is,’ het hy gesê, ‘sal ek die verskil betaal wanneer ek weer hierlangs kom.’ “Nou, watter van hierdie drie sou jy sê, was ’n naaste vir die man wat deur die rowers aangeval is?” het Jesus gevra. Die man het geantwoord: “Die een wat aan hom medelye bewys het.” Toe het Jesus gesê: “Gaan nou, en doen jy dieselfde.”
Drie gesindhede ten opsigte van Generosity / Goed uit hierdie gedeelte:
-          Die rowers – wat joune is myne en ek sal alles in my vermoë doen om dit in die hande te kry
-         Die Leviet en Priester – Die Godsdienstige gesindheid – Wat myne is, is myne en ek gaan dit hou.
-          Die samaritaan – Wat myne is, is joune en ek gaan dit weg gee. Ek is geseën om te seen.
Luk 6:30-36
No more tit-for-tat stuff. Live generously.
31  "Here is a simple rule of thumb for behavior: Ask yourself what you want people to do for you; then grab the initiative and do it for them!
32  If you only love the lovable, do you expect a pat on the back? Run-of-the-mill sinners do that.
33  If you only help those who help you, do you expect a medal? Garden-variety sinners do that.
34  If you only give for what you hope to get out of it, do you think that's charity? The stingiest of pawnbrokers does that.
35  "I tell you, love your enemies. Help and give without expecting a return. You'll never--I promise--regret it. Live out this God-created identity the way our Father lives toward us, generously and graciously, even when we're at our worst.
36  Our Father is kind; you be kind.
Liberalitas – Dit het eenvoedig beteken – jy gee om iets terug te ontvang
Die Romeinse keiser Julian se klagte:
“The impious Galileans (followers of Jesus) support not only their own poor but ours as well” 
Luk 6:35-36
35  Help and give without expecting a return. You'll never--I promise--regret it. Live out this God-created identity the way our Father lives toward us, generously and graciously, even when we're at our worst.
36  Our Father is kind; you be kind.
1Tim 6:18 
Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam.  
Php 2:4
Don't be obsessed with getting your own advantage. Forget yourselves long enough to lend a helping hand. 
Proverbs 11:25
“A generous man will prosper, and he who refreshes others,” “You don’t end up depleted.  You don’t end up empty.  “One who refreshes others will himself be refreshed.”
Kindness – Generosity
Is the language which the deaf can hear
And the blind can see.
Marc Twain


Saturday, August 19, 2017

Vrygewigheid 3: Geloof


Vrygewigheid 3: Geloof 

Vrygewigheid is uitdagend, dit verg GELOOF, maar elke daad van vrygewigheid, is gelaai met belofte.

Gebeure hou ons vas dat ons baie maal nie ʼn stap in geloof waag nie, byvoorbeeld:

Verliese laat ons baie maal vashou aan wat ons het vir  ingeval daar dalk nie môre genoeg is nie,
of ek voel ek het self my eie suksesse bereik.

Luk. 12:19 (Boodskap) Ek kan myself op die skouer klop en sê: Mooi so! Jy het nou so baie geld en besittings dat jy dit nooit kan uitleef nie. Gaan geniet nou jou lewe. Hou partytjie. Gee jou oor aan drank en plesier. Doen net wat jy wil. Jy verdien dit mos.’

Vrygewigheid begin by dankbaarheid en dankbaarheid bou geloof

Deut. 15 vers 1-11 daag die volk Israel uit om vrygewig te lewe.

Deut. 15:15 Onthou dat jy ook ’n slaaf was in Egipte en dat die Here jou God jou bevry het. Dit is waarom ek hierdie bevel vandag aan jou gee

  • Onthou wat Jesus vir jou gedoen het.
  • Onthou alles wat jy het en is alleen Sy genade.

1 Kor. 15:10 Maar deur God se genade is ek wat ek vandag is. Hy het sy goedheid nie tevergeefs aan my bewys nie. Ek het harder gewerk as al die ander – en tog was dit ook weer nie ek nie, maar God se goedheid wat my gedra het.

Dankbaarheid laat jou help om jou oorvloed raak te sien en dan te gee.

Luk 3: 11 Johannes het geantwoord: “As jy twee kledingstukke het, gee een vir die armes. As jy kos het, deel dit met hulle wat honger is.”

  • Kies om met minder te leef.


Vrygewigheid glo dat Jesus sal voorsien.

Hebr 13 5-6 Don’t be obsessed with getting more material things. Be relaxed with what you have

Since God assured us, “I’ll never let you down, never walk off and leave you,” we can boldly quote, God is there, ready to help; I’m fearless no matter what. Who or what can get to me?

1 Tim 6:17 Sê aan hulle wat ryk is in hierdie wêreld om nie trots te wees en op hulle geld te vertrou wat spoedig sal verdwyn nie. Maar hulle vertroue moet in die lewende God wees wat aan ons ryklik alles skenk wat ons nodig het om die lewe te geniet. 18 Sê hulle moet hulle geld gebruik om goed te doen

Die beginsel van ‘gee en jy sal ontvang’ kry ons in die Bybel.

Die Verskil tussen die “prosperity-lering” en die “vrygewigheidslering” is waarop die fokus gelê
word.
Prosperity fokus op ontvang.
Vrygewigheid fokus op die motief van die hart.

Hoor die hart van Salomo in die volgende aanhaling

Spr 11:24 Mense wat graag uitdeel,
ontvang altyd meer.
Daar is ander wat suinig is
en hulle word arm.
25 Mense wat
’n ander iets gun,
het self altyd oorvloed.
Hulle wat ander se dors les,
is self altyd verkwik.

Die toets van vertroue

Spreuke 3:9 - Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste.

Deut. 14:23 (LB)"The purpose of tithing is to teach you to always put God first
in your life."

1 Kor. 16:2 Op elke Dag van die Here moet elkeen van julle na vermoë tuis iets opsy sit en dit spaar sodat daar nie eers insamelings plaasvind wanneer ek kom nie.

Ek gee eers dan vertrou ek die Here met die res

Verander jou patroon van:
uitleef,
spaar en
as oorbly gee,
Na
Gee meer
Spaar meer
Bestee minder

Glo dat die Here Vrygewigheid gebruik om ‘n stad te help verander na ‘n plek waar Jesus regeer. 

Lees Matt 21:1 – 11
Les: Jesus kom die stad in met ‘n donkie (Vrygewigheid) wat iemand aan Hom geskenk het.

Saturday, August 12, 2017

Vrygewigheid 2 - Rentmeesterskap


Verlede week het ons die reeks afgeskop met vrygewigheid – wie jy regtig is

The revelation of our true identity will destroy the spirit of poverty in our lives. Until that happens we will keep thinking that there are limits on what we get to have. As a result we are jealous of anyone who receives something we don’t have. This leaks into all aspects of our lives including work, friends and positions within the church – Bill Johnson (The Supernatural ways of Royalty)

Vandag will ek met jou gesels oor een word: Rentmeesterskap
  
Ons perspektief oor rentmeesterskap was bepaal deur die wet…

Levitikus en Deuteronomium bevat elmente daarvan….’n voorbeeld daarvan

Lev 19:18 ANV  Jy mag nie wraak neem of 'n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.

Jesus word getoets met ‘n strikvraag….

Luk 10:25-29 ANV  Daar was 'n wetgeleerde wat aan Jesus 'n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: "Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?"  (26)  Jesus sê vir hom: "Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?"  (27)  Hy antwoord: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself."  (28)  "Jy het reg geantwoord," sê Jesus vir hom. "Doen dit en jy sal die lewe verkry."  (29)  Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: "En wie is my naaste?"

Handhaaf beteken self-regverdig.
Jesus vertel vir hom die storie van die barmhartige samaritaan waar ‘n priester, leviet verby hom gestap het maar die Samaritaan gestop het om hom te help. Jesus het vir die wetgeleerde gevra so wie dink jy was die naaste van die man wat beroof is?

Die ou verbond kan nie bepaal hoe ons rentmeesterskap toepas nie want dit plaas ‘n sluier oor God.

2 Kor 3:13-14 ANV  Ons is nie soos Moses wat sy gesig met 'n sluier toegemaak het nie. Dit moes hy doen om te verhinder dat die volk van Israel sou sien dat die ligglans aan die verdwyn was.  (14)  Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met dieselfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo.

Wanneer dit my perspektief is leef ek met voorwaardelike liefde en my rentmeesterskap van God se goed is ook voorwaardelik, ek doen en gee op my voorwaardes.


Christus se perspektief …

Joh 15:12-17 ANV  Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.  (13)  Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.  (14)  Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel.  (15)  Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.  (16)  Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.  (17)  Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!

Paulus skryf dit so….

1Co 4:1-2 AMPC  SO THEN, let us [apostles] be looked upon as ministering servants of Christ and stewards (trustees) of the mysteries (the secret purposes) of God.  (2)  Moreover, it is [essentially] required of stewards that a man should be found faithful [proving himself worthy of trust].

1Co 6:19-20 AMPC  Do you not know that your body is the temple (the very sanctuary) of the Holy Spirit Who lives within you, Whom you have received [as a Gift] from God? You are not your own,  (20)  You were bought with a price [purchased with a preciousness and paid for, made His own]. So then, honor God and bring glory to Him in your body.

Ons is rentmeester opgrond van vertroue en ons is gekoop met ‘n prys, alles van wie ons is alles wat ons het behoort aan Hom.

Goeie rentmeesters vra altyd…

1.    Is ek ‘n goeie rentmeester van my eie storie?

Marthinus en Bianca se Storie….
·         Ontdek die Here in 1986
·         Stap by Doxa Deo in in 1993 – Alan deel visie – begin by die deur
·         Stap na vir die kerk werk - 2000
·         Zec 3:7 AOV  So sê die HERE van die leërskare: As jy in my weë wandel en as jy my verordening onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as my voorhowe bewaak, en Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan.
·         Eph 4:12-13 AOV  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,  (13)  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
·         2003 – Gawes in Aksie
·         2005 – Durban – Profetiese woord, jul gaan leierskap oorneem, as ek reg sien is dit by die see.
·         2010 – Midstream – word afgesonder – woord oopbreek vir mense, 24/7 authentic spirituality omgewing – undiluted word gebore.
·         In Durban het ons ons identiteit ontdek, In Midstream het die Here ons geleer oor intimiteit, en nou het ons nodig om te leef wie ons is in integriteit.
·         CCI - prentjie


2.    Is ek ‘n goeie rentmeester van dit wat in my hand is?

Mark 6: 30-44 Storie van die vermeerdering van die broode

Mar 6:41 AOV  Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel.

3.    Wat is die vrug van jou lewe?

Bediening







Saturday, August 5, 2017

Vrygewig 1: Dit is wie jy is!



Vrygewig 1: Dit is wie jy is!

Vir die volgende 4 weke gaan ons saam op ʼn reis om te groei in vrygewigheid.

Die vertrekpunt is ʼn ontdekking van wat ek in Christus het.

Matt 13: 44 “God se koninkryk is soos ’n skat wat in ’n stuk grond weggesteek lê. Iemand kry dit daar, maar steek dit dadelik weer weg. Oorstelp van blydskap gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop daardie stuk grond.”


  • Ons moet die “skat” ontdek wat ons in Christus het.
  • Hierdie skat word nie gemeet volgens ‘n prys nie, maar volgens waarde.


2 Kor 8:9 Julle ken die ongelooflike goedheid van ons Here Jesus Christus. Alhoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword sodat julle deur sy armoede ryk kon word.

1. Christus het Homself gestroop van sy rykdom sodat ons deur Hom waardevol kan wees.

Die Engelse woord Generosity: Is afgelei van ‘n Latyns begrip. Iemand wat gebore is in ‘n koninklike huis.
Ons is waardevol – kinders van God

Les: Met Jesus aan ons kant is ons waardevol en het ons genoeg.

2. Ek is ‘n koningskind – Ons dra die DNA van Jesus. Deel van Jesus se karakter is vrygewigheid.
Hy doen nie net goeie dade nie, dit is deel van wie Hy is.
Ontdek hierdie karakter in jou.
Ek is vrygewig.

3. Ontdek God se goedheid. 

Hebr 13 5-6 Don’t be obsessed with getting more material things. Be relaxed with what you have.

Moenie die las alleen dra nie. 

Since God assured us, “I’ll never let you down, never walk off and leave you,” we can boldly quote, God is there, ready to help; I’m fearless no matter what. Who or what can get to me?

Hierdie waarheid breek gierigheid. Gedagtes soos: 

Ek het nie genoeg nie.
Ek moet vashou aan wat ek het.
Die wêreld skuld my.

Ek glo Jesus sal vir my sorg

2 Kor 9:8 En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.

Hy sorg vir wat ek nodig het, maar gee meer as wat ek nodig sodat ek kan uitdeel aan ander.

Hierdie meer as wat ek nodig het sluit die volgende in:

Talente
Tyd
Goeie dade
Geld

Om ʼn verskil te maak met die “meer as genoeg” (vrygewigheid)

Vertel Jesus 3 Stories in Matt 6
Matt 6:19 “Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. 20 Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. 21 Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.
22 “Jou oog is ’n lamp vir jou liggaam. ’n Suiwer oog laat die lig instroom sodat jou binneste geheel en al lig word. 23 Maar as jou oog vuil en sleg is, versper dit die lig en jou binneste bly geheel en al donker. As die lig wat jy gedink het jy het, in werklikheid donkerte is, hoe pikswart is jou donker dan nie!
24“Niemand kan tegelyk twee base dien nie. Hy sal óf ’n renons in die een hê en van die ander een hou; óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een geringskat. Om God én die geldgod saam te dien, is onmoontlik

Wat beteken dit om skatte op aarde bymekaar te maak?
1. Die vuil oog verwys na selfgerigtheid
2. Geldgod, Mammon verwys na vertroue in jouself.

Jesus leer ons om nie vir jouself te leef nie en nie op jouself te vertrou nie. Jy moet op Hom te vertrou en met vrygewigheid leef.

Die resultaat is: 
“Ewigheidsopbrengs”
En innerlike lewe

“Ewigheidsopbrengs”

ʼn Lewe van vrygewigheid se rimpel effek is veel wyer as wat ons sien.

Matt 25: 37“Daarop sal dié wat God se wil uitgevoer het Hom antwoord: ‘Maar wanneer het ons U dan honger gesien, en vir U kos gegee? Of dors, en vir U iets gegee om te drink? 38En wanneer het ons gesien dat U ’n hawelose vreemdeling was, en U in ons huise ontvang? Of dat U niks gehad het om aan te trek nie, en ons het vir U klere gegee? 39En wanneer het ons U siek gesien of in die tronk, en U opgesoek?’ 40En die Koning sal vir hulle antwoord: ‘Ek verseker julle: As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen.’


Innerlike lewe

Spreuke 19:17 (ANV)  Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.
(MSG)  Mercy to the needy is a loan to GOD, and GOD pays back those loans in full.

1Timótheϋs 6:17 - 19  Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry

Daar is niks wat soveel geluk, emosionele vreugde, en ʼn gevoel van sinvolheid gee, as om vrygewig te lewe nie.
Dit maak my dankbaar vir wat ek het.
Spr 11:24 Mense wat graag uitdeel, ontvang altyd meer. Daar is ander wat suinig is en hulle word arm. 25 Mense wat ’n ander iets gun, het self altyd oorvloed. Hulle wat ander se dors les,is self altyd verkwik.

Jou saad berei die oes voor.