Sunday, April 30, 2017

Rejection - aanddiens


Ons kuier vandag rondom die tema van verwerping en van hoe om te glo ten spyte daarvan.
Wat is rejection???
IEMAND SE DANKIE MAAR NEE DANKIE
Romantiese teleurstelling, aansoek vir ‘n pos nie suksesvol nie, jou boek word nie gepubliseer nie, jy kry nie die rol in ‘n drama nie, jy word nie vir ‘n span gekies nie, jy kry nie die promotion nie, jou ma hou meer van jou boetie as van jou, FB like iemand nie jou post nie.
Ons almal het al verwerping beleef en word amper daagliks daaraan blootgestel
Draai na iemand toe – nie jy ook nie???

FEITE RONDOM VERWERPING –
MRI studies wys dat selfde gedeelte van brein geaktiveer word wanneer jy verwerping ervaar as wanneer jy fisiese pyn beleef
Dit maak fisies seer
Omdat ons trop-diere is, sal meeste mense as hul pyn beleef aanpas om te verhoed dat hul weer sulke pyn beleef.
So jy word iets van ‘n people-pleaser.
OF jy kies om nie aan ‘n trop te behoort nie en isoleer jouself
Jy bou mure om jouself en laat nie ander naby jou toe nie.
Studies in VSA toon verwerping is ‘n groter risiko vir geweld as enige dwelms, armoede of gang aktiwiteite.
Met ander woorde verwerping kan lei na aggressie wat na buite of binne gekanaliseer word.
Dit lei na oormatige self-ondersoek en lae selfbeeld
Ons soek fout by onsself en kraak onsself af
Ons voel nou waardeloos
Dit verlaag ons IK tydelik en beinvloed ons besluitnemings vermoe

Storie van kys in Gr 4/ vriendin in Gr 9
Maak ‘n lys van 5 rejections – hoe het dit jou journey beinvloed.

Kyk na 2 manne se stories.
Nie een is perfek nie.
Albei is deur belangrike mense in hul lewens verwerp
Hul uitkomste is baie anders
Wat kan ons by hul leer.

SAUL SE STORIE

Saul was ‘n uitstekende kandidaat vir koningskap – staan kop en skouers uit bo die res (1 Sam. 9:2)
Skrif sê nie, maar Saul het ‘n minderwaardigheids-kompleks (9:21, 10:22)
Saul beleef maar verwerping soos die res van ons (10:27)
Saul is bang hy verloor mense se ondersteuning, verontagsaam ‘n opdrag van God en hierdie word ‘n gewoonte in Saul se lewe (13: 8-11)
Tot so mate dat God spyt is Hy het Saul koning gemaak (15:11)
Lae selfbeeld lei tot groter probleme
Saul verdedig homself wanneer Samuel hom konfronteer oor sy ongehoorsaamheid (15:20)
Ag sy opinie belangriker as God se waarheid (15:23)
Wil liewers mense tevrede stel (15:24)
Sal liewers voorgee as die waarheid leef,
Dit lei tot depressie en Saul leef in voortdurende vrees (16:7)
Hy is bevrees, Goliat help nie, oorweldig en verloor alle hoop (17:11-33)
Offended dat Dawid beter as hy vaar – songs vd vroue (18:7-8)
Hy vrees Dawid en beskou hom met agterdog (18:9)
Vrees neem daagliks toe soos wat Dawid suksesvol is
Hy probeer Dawid etlike kere vermoor (18:11)
Hy haat Dawid (18:26)
Hy vermors energie deur die res van sy lewe te spandeer om Dawid om die lewe te bring
Konsulteer ‘n medium (28:16)

DAWID SE STORIE
Jongste boetie, niemand dink hy kan koning word nie (1 Sam. 16:11)
Hy’s maar die skaapwagtertjie
Boeties erken nie die roeping op sy lewe: Eliab met Goliat (17:28)
Almal dink hy’s te jonk en onervare (17:33)
Dawid het al geskiedenis met God gemaak met leeu en beer (17:34)
So hy weet wie hy is en ken God se kapasiteit in hom
Veg sonder Saul se wapenrusting want hy weet wie hy is – probeer nie iets of iemand anders wees nie (17:38)
Bewus van God se grootheid en dat God vir hom is (17:47) en dit inspireer die res van die volk
Dawid vlug vir sy lewe na Samuel na die woord en die uitsprake van die Here (19:20-23) totdat almal daardie uitsprake uitroep.
In sy journey maak Dawid ‘friends in unlikely places’ – ons kan nie alleen deur die lewe gaan nie (22:2)
Elke keer vra Dawid die Here vir strategie (hoofstuk 23) en maak nie staat op sy eie insig nie.
Wanneer Saul hom probeer vermoor tree Dawid op in die teenoorgestelde gees (1 Sam 26:9)
Wanneer Amalekiete hul vrouens en kinders ontvoer en die manne Dawid wil stenig versterk Hy homself in die Here en vra die Here se inspraak (30:6-7)

DON’T BE OFFENDED

Saul se storie
1Sa 18:7(MSG)  In playful frolic the women sang, Saul kills by the thousand, David by the ten thousand!
1Sa 18:8  This made Saul angry--very angry. He took it as a personal insult. He said, "They credit David with 'ten thousands' and me with only 'thousands.' Before you know it they'll be giving him the kingdom!"

Johannes se storie
Mat 11:3(AMP)  And asked Him, Are You the One Who was to come, or should we keep on expecting a different one?
Mat 11:4  And Jesus replied to them, Go and report to John what you hear and see:
Mat 11:5  The blind receive their sight and the lame walk, lepers are cleansed (by healing) and the deaf hear, the dead are raised up and the poor have good news (the Gospel) preached to them.
Mat 11:6  And blessed (happy, fortunate, and to be envied) is he who takes no offense at Me and finds no cause for stumbling in or through Me and is not hindered from seeing the Truth.

Wanneer goed anders uitwerk as wat ons verwag het is ons hart op so brose plek
Gaan jy God kies en sy uitsprake/ eie insig en gemak en jou wil
Gaan jy toelaat dat Hy jou vorm
Offense – ‘scandalon’ – om in ‘n wip vasgevang te word
Leuens hou jou vas
Jy kan nie waarheid sien nie.
Nou moet ons vra vir die here se insig
Die areas waarin jy vryheid ervaar – gaan jy ander na daardie selfde vryheid begelei

TOOLS TOT VRYMAKING
Verstaan hoe lief God jou persoonlik het en maak vrede met wie jy is
Vergifnis
Kies om nie langer leuens te glo nie
Versterk jouself in God se uitsprake oor jou
Omsingel jouself met ander wat God se waarheid oor jou praat

Vir kleingroepe –
Bespreek hierdie ‘tools’ hierbo.

Saturday, April 29, 2017

Geloof ten spyte van Verwerping


Geloof ten spyte van Verwerping

As deel van ons reeks Geloof ten spyte van…, gesels ons vandag oor VERWERPING.

Aangesien ons in so ‘n prestasie gedrewe samelewing funksioneer, is verwerping die een reus waarmee elkeen van ons al te doen gehad het: Die werk wat jy nie gekry het nie, die partytjie wat waarheen jy nie uitgenooi is nie, ‘n eggenoot wat jou verruil het vir iemand anders, die pa vir wie jy nooit goed genoeg was nie, ens. En so kan ‘n mens aanhou en aanhou en aanhou. Elkeen van ons se verwerping storie lyk anders. Vir party is dit ‘n vlietende gedagte wat hanteer moet word, vir ander is dit so ‘n diepgewortelde pyn wat al vir so lank deel van jou lewe is, dat jy nie eers meer jou lewe daarsonder kan voorstel nie.

Miskien sit jy hier en voel jy het nie enige uitdagings met verwerping nie, dan wil ek jou vra of jy soms onsekerheid oor jouself (insecurity), min selfvertroue, ‘n lae selfwaarde, minderwaardigheid, ‘n erge gedrewenheid, of selfhaat beleef? Dit is almal byprodukte van verwerping. Om nie te praat van die vrees vir verwerping nie. Hoeveel kanse het ons nie gewaag nie, omdat ons bang is dat ons nie goed genoeg sal wees nie?

Wat is verwerping? Wanneer ek aan verwerping dink, sien ek ‘n band vol appels /aartappels wat voor ‘n klomp mense moet goed geoefende oë verbybeweeg en vinnige hande wat alles uitgooi wat nie groot genoeg, mooi genoeg, gesond genoeg na hulle sin is nie. Dit is letterlik wat verwerping beteken, daardie aksie van uitgegooi word, omdat jy nie goed genoeg is nie. Verwerping bring ons altyd na ‘n plek van: Wie ek is, is nie goed genoeg nie.

Die vrees vir verwerping is universieel een van die mees diep gesetelde menslike vrese, omdat ons biologies geskep is met die begeerte om te behoort. Verwerping vat ons na ‘n plek van isolasie toe. Hoekom is isolasie juis die straf waarmee geharde misdadigers gestraf word wanneer hulle in die gevangenis gestraf moet word? Solitary confinement.
Ons liggame reageer dieselfde op verwerping as op fisies pyn. Dit vat ons na ‘n plek van maskers en filters en mure. Na ‘n plek waar niemand tog moet sien wie en wat ek regtig is nie, want dan sal hulle my verwerp.

Wanneer ons mooi daaroor dink, besef ons dat daardie gevoel van: Wie ek is, is nie goed genoeg nie, eintlik die wortel van die hele sondeval is! Waarmee het die slang vir Eva verlei in Genesis 3? As jy van hierdie vrugte eet, sal jy soos God wees. Dit vat Eva na ‘n plek toe van ek moet iets doen om beter te word. As Eva haar identiteit verstaan het, sou sy geweet het dat sy reeds na die beeld van God gemaak is, dat sy reeds soos God is en nie nodig het om iets te doen om meer soos Hy te word nie!

Regdeur die Bybel lees ons van groot Bybel helde wat verwerping in baie ernstige grade beleef het. Dink maar aan ‘n Moses, wat nie net deur sy ma opgegee is vir aanneming nie, maar voor sy broer moes vlug, en later amper deur die volk wat hy uit Egipte gelei het, gestenig is! Dink aan Josef, wat op soveel maniere deur sy eie familie verwerp is.

As daar een persoon op hierdie aarde is wat verwerping beleef en dit verstaan is dit Jesus.
Wanneer jyself deur een of ander uitdaging gaan, is die beste persoon om mee te gesels, iemand wat dieselfde pad gestap het.

Dis waarom Hebr. 4:15-16 dit so mooi sê: Hy is nie iemand wat niks van ons weet en daarom nie simpatie met ons swakhede sal hê nie. Nee, Hy het al dieselfde pad as ons geloop en is deur dieselfde versoekings as ons, met dié verskil dat Hy nie een maal ’n fout gemaak het nie. Ons hoef dus nie bang te wees of te wonder of ons na God toe mag gaan nie. Ons kan maar gaan, want God sal baie goed wees vir ons. Wanneer ons dit nodig het, sal God vir ons meer gee as wat ons verdien en ons met sy liefde omvou.

Jesus is op soveel terreine verwerp: Regdeur die 4 Evangelies lees ons hoe Jesus en Sy boodskap verwerp was. Die Jode, Sy eie volk het geweier om te aanvaar dat Hy die Messias is. Ons lees hoe Hy uit die tempel gegooi word en uit dorpe gejaar word. In Markus 6, lees ons hoe Jesus terugkeer na Nasaret om vir Sy eie familie en die mense voor wie Hy grootgeword het te preek. Daar verwerp hulle hom tot so ‘n mate dat Hy nie eers wonderwerke daar kon doen nie.

In Sy binnekring van 12 mense kry ons ‘n Petrus wat Jesus 3 x verwerp deur te sê hy ken Hom nie! Om nie eers van die verraad te praat wat Judas gepleeg het nie. In Lukas 23 lees ons hoe dieselfde mense wat Hom gevolg het, die mense waarvoor Hy gepreek het, wat Hy bevry en genees het, skreeu: “Gee vir ons Barabbas! Kruisig Hom!” Selfs wanneer Hy aan die kruis hang, lees ons dat Johannes, Sy ma en ‘n paar vrouens daar was, geen melding word van Sy pa, broers of ander dissipels gemaak nie. Maar die grootste verwerping van alles waardeur Jesus moes gaan, is toe Sy Vader vir ‘n oomblik Sy kop weggedraai het en Hy aan die kruis uit geroep het: “My God, My God, waarom het u my verlaat!” Op daardie oomblik was alle sonde en alle siektes op Jesus. Dit was so afgryslik dat God Sy gesig weggedraai het daarvan. Waarom het Jesus nodig gehad om deur soveel verwerping te gaan? Sodat ons vandag lig en vry kan leef. Jesus het aan die kruis ook met verwerping gedeel, sodat ons nie nodig het om daarvan gevangenis te wees nie. G

God het Sy gesig van Sy seun af weggedraai, sodat Hy nooit sal nodig hê om Sy gesig van ons af weg te draai nie. Jesus verstaan verwerping. Hy verstaan hoe dit voel, en Hy het daarmee gedeel.
In die lig van alles wat Christus aan die kruis gedoen het, vind ons in Dawid se verhaal ‘n paar sleutels hoe ons met verwerping kan werk.

Dawid moes vroeg reeds verwerping ervaar het, toe niemand eers die moeite gedoen het om hom in die veld te kom roep, om saam met sy broers voor die Here se profeet te verskyn wat ‘n koning moes kom salf nie! Selfs net voordat Dawid teen Goliat moes veg, lees ons hoe hy op ‘n paar terreine verwerping moes beleef. Hoor hoe praar sy broer Eliab af op hom in 1 Sameul 17:28 Toe sy oudste broer Elíab hom met die manne hoor spreek, het Elíab baie kwaad geword vir Dawid en gesê: Waarom het jy eintlik afgekom, en aan wie het jy daardie klompie kleinvee in die woestyn afgegee? Ek ken jou vermetelheid en die boosheid van jou hart, want jy het afgekom om die geveg te sien. Waarom reageer Eliab so op Dawid? Hy projekteer die verwerping wat hy beleef het, op Dawid. As oudste seun, sou dit tot van self sprekend wees dat hy die koning sou moes word!

In vers 33 sê Saul vir Dawid dat hy net ‘n seuntjie is, en nooit teen iemand soos Goliat kan veg nie. Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is ‘n seun, en hy is ‘n krygsman van sy jeug af.

In vers 42 lees ons hoe tot Goliat Dawid verag het omdat hy net ‘n mooi seuntjie was. Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy hom verag, omdat hy ‘n seun was—rooierig, met ‘n mooi voorkoms.

Wat maak dat Dawid, ten spyte van talle verwerping nie daardeur geaffekteer word nie, maar die reus tromp op kan loop en hom doodmaak.

Die sleutel van Dawid se sukses, is dat hy geveg het vanuit ‘n plek van aanvaarding, en nie uit ‘n plek van verwerping nie. Dawid het ‘n paar goed verstaan:
  1. Dawid het die wonderwerk van sy skepping verstaan. Hy het verstaan dat sy geboorte nie die resultaat van twee mense se liefde was nie, maar dat hy ‘n produk van God self was. Hy skryf in Ps.139:13-16 Oh yes, you shaped me first inside, then out; you formed me in my mother’s womb. I thank you, High God—you’re breathtaking! Body and soul, I am marvellously made! I worship in adoration—what a creation! You know me inside and out, you know every bone in my body; You know exactly how I was made, bit by bit, how I was sculpted from nothing into something. Like an open book, you watched me grow from conception to birth; all the stages of my life were spread out before you, The days of my life all prepared before I’d even lived one day.  Psalm 139:13‭-‬16 MSG. Dawid het geweet dat God hom uitgedink en uitgedroom het.
  2. Dawid het geweet dat God hom aanvaar het, lank voordat enige iemand hom verwerp het. Hy het iets verstaan van Ef.1:3-6 How blessed is God! And what a blessing he is! He’s the Father of our Master, Jesus Christ, and takes us to the high places of blessing in him. Long before he laid down earth’s foundations, he had us in mind, had settled on us as the focus of his love, to be made whole and holy by his love. Long, long ago he decided to adopt us into his family through Jesus Christ. (What pleasure he took in planning this!) He wanted us to enter into the celebration of his lavish gift-giving by the hand of his beloved Son. God het ons gekies. Voor die grondlegging van die aarde af, het Hy ons in Christus gekies. In Christus is ons gekies
  3. Dawid het geweet wat God se gedagtes oor hom is. Maak nie saak wat enige iemand dink nie, God dink ongelooflike gedagtes oor hom. Sy waarde word nie bepaal deur wat op sy CV staan nie, of wat sy bankbalans is nie, watse kar hy ry nie. Hy het geweet dat God verskriklik baie van hom dink, asook oor hom dink. Your thoughts—how rare, how beautiful! God, I’ll never comprehend them! I couldn’t even begin to count them— any more than I could count the sand of the sea. Oh, let me rise in the morning and live always with you!
     Psalm 139:17‭-‬20 MSG‬
  4. Dawid het besef wie hy is en wie God is. In Ps.8 besing hy God se lof as ‘n jong skaapwagter. Nog lank voor hy koning was, het hy geweet wie hy is. As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het— wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel: (Psa 8:4-7)
As jy weet wie jy is en jy weet wie God is en hoe Hy oor jou dink, kom jy op ‘n plek waar jy nie meer verwerpbaar is nie.
Wanneer ons aan Dawid en Goliat dink as ‘n prentjie van ons geveg teen verwerping, weet ons Goliat verteenwoordig verwerping en die vrees vir verwerping, maar die fout wat ons baie keer maak, is om te dink ons is Dawid. Nee! Jesus is Dawid en Hy het reeds reus van verwerping in ons lewens oorwin. Al wat oorbly is die eggo van die leuens waarmee die vyand ons graag wil verstrengel. Jesus het aan die kruis finaal met verwerping klaar gespeel. Al wat jy nodig het om te doen, is om hierdie waarheid oor jou lewe vas te maak.
Verwerping vat ons na ‘n plek van isolasie, maskers en mure toe, maar aanvaarding van ons na ‘n plek van aanbidding toe.

Vir jou Selgroep:
1. Deel met mekaar areas in jou lewe waar jy sukkel met verwerping
2. Gesels oor die verwerping wat Bybelse karakters soos Josef en Dawid beleef het.
3. Gesels oor die verwerping wat Jesus beleef het
4. Lees deur Ps.139 en Ps. 8 en gesels oor hoe God oor jou dink
5. Gesels

Sunday, April 9, 2017

Geheime planne 3 aand

Eph 1:17(MSG)  But I do more than thank. I ask--ask the God of our Master, Jesus Christ, the God of glory--to make you intelligent and discerning in knowing him personally,
Eph 1:18  your eyes focused and clear, so that you can see exactly what it is he is calling you to do, grasp the immensity of this glorious way of life he has for Christians,
Eph 1:19  oh, the utter extravagance of his work in us who trust him--endless energy, boundless strength!
Eph 1:20  All this energy issues from Christ: God raised him from death and set him on a throne in deep heaven,
Eph 1:21  in charge of running the universe, everything from galaxies to governments, no name and no power exempt from his rule. And not just for the time being, but forever.
Eph 1:22  He is in charge of it all, has the final word on everything. At the center of all this, Christ rules the church.
Eph 1:23  The church, you see, is not peripheral to the world; the world is peripheral to the church. The church is Christ's body, in which he speaks and acts, by which he fills everything with his presence.

What we believe about God is the most powerful thing about us
Wat ons sien/ Ons a-ha oomblikke
Perspective is everything
Worship word gebore uit ons a-ha oomblikke – dis wie Hy is!/dis wie jy is
Worship is nie ‘n song wat ons sing nie
Worship is die enigste reaksie op die revelation (unveiling/gordyn ooptrek)

Eph. 1:11 It’s in Christ that you discover who He is and who you are
Worship weerspieel in jou leefstyl/Impak op hoe jy leef
Vb. Van George Washington

Mat 16:13(AOV)  En toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filippi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?
Mat 16:14  En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete.
Mat 16:15  Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?
Mat 16:16  En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.
Mat 16:17  Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
Mat 16:18  En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
Mat 16:19  En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
Mat 16:20  Daarop het Hy sy dissipels bevel gegee dat hulle vir niemand moes sê dat Hy Jesus die Christus is nie.

Mat 16:17(MSG)  Jesus came back, "God bless you, Simon, son of Jonah! You didn't get that answer out of books or from teachers. My Father in heaven, God himself, let you in on this secret of who I really am.
Mat 16:18  And now I'm going to tell you who you are, really are. You are Peter, a rock. This is the rock on which I will put together my church, a church so expansive with energy that not even the gates of hell will be able to keep it out.
Mat 16:19  "And that's not all. You will have complete and free access to God's kingdom, keys to open any and every door: no more barriers between heaven and earth, earth and heaven. A yes on earth is yes in heaven. A no on earth is no in heaven."

When we have a revelation of who Jesus really is, then we are in a position to hear who we really are Identity determines activity – Alan Platt

The church’s identity and access to heaven’s provision are intimately tied to her revelation of Christ – Lisa Bevere

In other words, if we have no revelation of who Christ is, we will have no provision.
Your concept of God will be reflected in you

1Jn 4:17(AOV)  …want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

Because He is … I am …
My people are destroyed for a lack of knowledge???

2Pe 1:1(MSG)  I, Simon Peter, am a servant and apostle of Jesus Christ. I write this to you whose experience with God is as life-changing as ours, all due to our God's straight dealing and the intervention of our God and Savior, Jesus Christ.
2Pe 1:2  Grace and peace to you many times over as you deepen in your experience with God and Jesus, our Master.
2Pe 1:3  Everything that goes into a life of pleasing God has been miraculously given to us by getting to know, personally and intimately, the One who invited us to God. The best invitation we ever received!
2Pe 1:4  We were also given absolutely terrific promises to pass on to you--your tickets to participation in the life of God after you turned your back on a world corrupted by lust.
2Pe 1:5  So don't lose a minute in building on what you've been given, complementing your basic faith with good character, spiritual understanding,
2Pe 1:6  alert discipline, passionate patience, reverent wonder,
2Pe 1:7  warm friendliness, and generous love, each dimension fitting into and developing the others.
2Pe 1:8  With these qualities active and growing in your lives, no grass will grow under your feet, no day will pass without its reward as you mature in your experience of our Master Jesus.

Getting to know Christ practically for myself is what gives me access to the promises of God to my life.
Experiences/Encounters/Worship with God teaches me about God and His ways.

Mat 16:5  En toe sy dissipels na die oorkant gegaan het, het hulle vergeet om brode saam te neem.
Mat 16:6  Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.
Mat 16:7  En hulle het onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is omdat ons geen brode saamgeneem het nie.
Mat 16:8  Maar Jesus het dit opgemerk en vir hulle gesê: Wat redeneer julle onder mekaar, kleingelowiges, dat julle geen brode saamgeneem het nie?
Mat 16:9  Begryp julle nog nie, en onthou julle nie die vyf brode van die vyf duisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie?
Mat 16:10  Of die sewe brode van die vier duisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie?
Mat 16:11  Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs nie?
Mat 16:12  Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.

Fariseers gaan oor godsdienstige stelsel
Gewoontes/tradisies/vorm sonder enige lewe
Hoe ons encounters/revelation steward launch ons in nuwe dimensies
How we steward our revelation of Christ will either limit us or launch us into braving new frontiers of our faith.
Storie van Diepsloot

Saturday, April 8, 2017

Geheime Planne 3 oggend - "Worship"


Geheime Planne – “Worship”

Efes 1:3
Prys God, die Vader van ons Here Jesus Christus, voortdurend, want Hy is wonderlik goed vir ons! Deur wat Christus gedoen het, het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is.

Efes 1:5-6
Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê. Daarom prys ons God se grootheid. Deur sy Seun wat Hy liefhet, het Hy genade aan ons gegee.


Efes 1:11-12
Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie erfdeel geword. Ons was vooraf daartoe bestem! Dit was God se doel! Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het. Die gevolg is dat God se grootheid deur ons bestaan verheerlik word.

 Efes 1:14
Die Heilige Gees is God se deposito wat ons volle erfenis waarborg totdat almal wat aan God behoort, volkome verlos sal wees. Daarvoor moet ons God se grootheid prys!

 Paulus se reaksie op die openbaring van hierdie geheime planne is dat God aanbid moet word!

Wat is “worship” vir jou?   ___________

Elkeen van ons is uniek. God het ons gemaak, dat ons elkeen ‘n unieke rol in Sy storie vir hierdie wêreld kan vervul.


 Alhoewel ons so verskil het ons almal een ding in gemeen en dit is dat elkeen van ons gemaak is om lewens te leef van “worship”


Dat ons lewens ‘n advertensiebord sal wees van God se Goedheid, Grootheid en Heerlikheid.
ʼn Baie eenvoudige definisie – Worship is ons reaksie op dit waaraan ons die meeste waarde heg
Wat vir ons die meeste van waarde is, dit word die fokus van ons worship.

Ek en Jy is geskape vir Hom!
Spreuke 16:4
Alles het die HERE gemaak vir Sy doel
“the Lord has made everything for His purpose”

Kol 1:16
God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is ……… Alles is deur Hom en vir Hom geskep. 
Alles is deur Hom gemaak en alles is vir Hom gemaak
Open 4:11
“You (God) created everything, and it is for Your pleasure that they exist and were created”
Louie Giglio maak die stelling of gee iets van ‘n definisie van Worship
Worship is our response, both personal and corporate, to God for who He is, and what He has done; expressed in and by the things we say and the way we live.

Col 3 : 17
"And whatever you do, whether in word or deed, do it all in the name of the Lord Jesus, giving thanks to God the Father through him."
 ʼn Baie mooi voorbeeld van Aanbidding wat ʼn reaksie is op die openbaring van wie God is – is die storie van Paulus en Silas in die tronk (Hand 16)
Hand 16:25
Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister.
        Hulle het nie toegelaat dat die omstandighede hulle perspektief van wie God is steel nie.
        Aanbidding draai jou terug na die waarheid omtrent God.
Efes 1:5-6
Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê. Daarom prys ons God se grootheid. Deur sy Seun wat Hy liefhet, het Hy genade aan ons gegee.

Efes 1:11-12
Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie erfdeel geword. Ons was vooraf daartoe bestem! Dit was God se doel! Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het. Die gevolg is dat God se grootheid deur ons bestaan verheerlik word.
"It's not the elements of our worship that are awesome. It's the object of our worship Who is awesome"
Ephesians 5:18-19
And be not drunk with wine, wherein is excess; but be filled with the Spirit; Speaking to yourselves in psalms and hymns and spiritual songs, singing and making melody in your heart to the Lord;

Ioannis Dekas- Die kampus leier van London maak die volgende stelling:
Worship is the strategy whereby we intentionally interrupt our preoccupation with ourselves in order to focus on His presence, His person and His purpose.

Aanbidding is die oomblik waar jy voor God staan, ontdek en reageer.
Deel van hierdie aanbidding behels dat ons uitdrukking gee aan wat in ons hart beleef word, deur:
• Die opsteek van hande. Pred 3: 41
• Uit te roep. Psalm 95; 1 -2, Psalm 98: 4 – 6
• Hande te klap. Psalm 47: 1
• Te Sing. Psalm 89: 1,  Psalm 105: 2
• Voor hom te buig Psalm 95: 6
• In tale te sing 1 Kor 14: 15, Ef 5: 19
Jesus inspireer ons tot ‘n lewe van aanbidding.

Sy aanbiddingslewe het uitdrukking gekry in sy
· Private tye met sy Vader en 
· In die publiek saam met Sy dissipels.
HEBREËRS 13:15-16 NLV
Kom ons bring dan, met Jesus Christus se hulp, ’n voortdurende offer van lofprysing aan God – ’n offer wat opklink van die lippe van hulle wat Hom bely. Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie. Dit is hierdie soort offers wat God se hart bly maak.


Worship is our response to what we value most. As a result, worship fuels our actions, becoming the driving force of all we do.

Vir jou Kleingroep:
1. Op grond van die stelling - Worship is ons reaksie op dit waaraan ons die meeste       waarde heg -  is daar goed in ons lewens wat ons fokus van worship kan steel.
2. Is dit vir jou moeilik om God alleen te worship? Is daar sekere. Is daar hindernisse of onvrymoedigheid? Wat kan jy doen om dit te oorkom?
3.Bespreek hoe worship in jou daaglikse lewe uitdrukking kan vind - deur praktiese voorbeelde.





Saturday, April 1, 2017

Geheime Planne 2 Hoop as gevolg van my Erfporsie




Efesiers 1 is ‘n hoofstuk wat ons motiveer om ons vertroue in Hom te plaas.
Die uitnodiging is om Hom blindelings te vertrou in elke seisoen van ons lewe.

Paasnaweek fokus op:
·        Die Goeie Vrydag waar Jesus aan die kruis sterf.
·        Die Sondag waar ons feesvier oor Jesus se opstanding.

Wat van die Saterdag? (Die dag tussen die Vrydag en Sondag.)
Dis die dag wat die dissipels hulle in totale onsekerheid bevind het.

Kol 2:14  gee ons ‘n klein venster opening van die dag.

Kol 2:14 Hy het die do­kument met voorskrifte wat as klag­staat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker. 15 So het Hy die re­geer­ders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik ge­maak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.

Dit was die dag wat Jesus die vyand ontwapen het.

Ons beleef in ons eie lewe “Saterdae”, waar die wonderwerk nog nie plaasgevind het nie.

In Efesies 1 nooi Paulus jou uit om Jesus deel van jou “Saterdag te maak”.

In die twee temas van Efesiers 1 is Jesus die middelpunt van elke seisoen van jou lewe. Die twee temas is:

1.     Deur wat Jesus gedoen het…. (Ef 1:3; 4; 5; 11)
2.     Sien wat Jesus gedoen het. ( Ef 1:18;19)

2 Kor 4:16 Om hierdie rede gee ons nie moed op nie. Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.17 Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan.18 Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd.

Wat moet ons sien?

·        Hy het ons gekies om syne te wees.

Ef 1: 4 Deur wat Christus gedoen het, het God ons uitgekies.
Omdat Hy ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe.

·        Hy wil naby ons wees as ‘n Vader en het ons aangeneem as Sy kinders. 

Ef 1:5 Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê. 

Sien raak dat ons deur Hom alles het wat ons nodig het vir hierdie lewe.

Ef:1:3 Deur wat Christus gedoen het, het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is. 
Ef 1:11  Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie erfdeel geword.
·        Krag
·        Wysheid
·        Geestelike gawes
·        Vrede
·        Sy nabyheid

Ons het Christus aan ons kant wat agter die skerms besig is om oorwinning te bewerk.

Ef 1:19 Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk 20 toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het.

Lees die storie van hoe Petrus bevry is uit die tronk in Hand 12:6-17

·        Kyk na die verhaal vanuit die perspektief van die mense wat vir Petrus gebid het.
·        Hulle was onbewus daarvan dat God besig was om hulle gebede te verhoor.

Jesus los jou nooit, en is nooit passief nie, maar is konstant besig om jou te begelei na oorwinning.

Glo dat jou oorwinning,  jou “Sondag” sal aanbreek.