Saturday, January 28, 2017

Divine Acceleration 2 Kreatiwiteit



Divine Acceleration – Kreatiwiteit

Baie mense sien hulself nie as kreatief nie. Ons dink net die kunstenaar, digter en musikant is kreatief.
Is die ma wat elke dag moet bepaal wat geëet word, nie kreatief nie?
Is die persoon wat ‘n oplossing vir ‘n probleem kry nie kreatief nie?

Kreatiwiteit is wysheid buite die boks van ons vooropgestelde denkpatroon.

Die oorsprong van Kreatiwiteit is God se wysheid in ons, wat lei om buite die grense van ons vooropgestelde denke te laat dink.

Jesus is Wysheid en WYSHEID lei ons in ons elke dag lewe. 

1 Kor 1:30 Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing. 31Daarom, soos daar geskrywe staan:
“Dié wat wil roem, moet in die Here roem.”

In Spreuke 1, die boek wat oor elke dag wysheid gaan, begin Salomo na Wysheid as ‘n persoon verwys wat voor die aarde se ontstaan reeds daar was. Spr 1: 22- 27.
Dus Jesus (Wysheid) wat betrokke wil raak in die ons lewe. Spr 1: 1-3
Jesus (Wysheid) wil betrokke raak in die mens wat ervaring kort. Spr 1:5
Jesus (Wysheid) insig, en kennis gee vir die wat dit soek. Spr 1:6-11

Jesus se wysheid was buite die grense van die denkwyse van daardie tyd.

Mark 6: 35 Toe dit alreeds laatmiddag begin word, kom sê sy dissipels vir Jesus: “Dis ’n verlate plek hierdie en kyk hoe laat is dit al. 36 Stuur die mense weg sodat hulle op die omliggende plase en in die dorpies iets kan gaan koop om te eet.”
37 Hierop antwoord Jesus: “Gee julle vir hulle kos.”Hulle sê toe vir Hom: “Dit sal ’n yslike bedrag kos om brood te gaan koop om vir hulle te ete te gee!”

Die Dissipels tree realisties op. “Stuur hulle weg.”
Jesus se oplossing is buite die realisme – bevrug met Goddelike insig

1. Laat toe dat Jesus jou buite jou grense van jou vooropgestelde idees begelei
.
1 Ki 3:9 "Here's what I want: Give me a God-listening heart so I can lead your people well, discerning the difference between good and evil. For who on their own is capable of leading your glorious people?" (Salomo)

2. Wees skeppend

Sien nuwe geleenthede raak.
Sien areas raak waar God Sy Koninryk wil vestig.
Kry ‘n droom.

Gen 1:1 In die begin het God die ganse heelal geskep, die hemel daarbo en die aarde hieronder. 2 Maar die aarde was ’n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef. 3 Toe beveel God: ....

Die geskiedenis van die woord Apostel 
In die Romeinse tyd het die woord apostel na die skepe verwys wat ‘n onbekende gebied gaan inneem het.
Die mense op die skip moes ‘n kultuur gaan skep deur opvoeding, vaardighede, kuns en waardes.
Die intensie was sodat die Keiser kan terugkeer en tuis voel soos in Rome.
Vir my en jou beteken dit orals waar ons gaan is ons mense besig om ‘n kultuur te skep waarin ons “soos wat dit is in die hemel so sal dit wees op die aarde” sodat ons Koning kan terugkeer.

3. Kry strategie en oplossing van die Here.
Die Heilige Gees wil jou help om ‘n roete na oplossing te bepaal.

Voorbeeld 1
Eks. 35:30 Moses het vir die Israeliete gesê: “Die Here het Besaleël, die seun van Uri uit die Judastam gekies. 31 God se Gees gee vir hom die verstand, die kennis en die vaardigheid vir die werk wat gedoen moet word. 32 Hy kan voorwerpe maak uit goud, silwer en koper. 33 Hy kan edelstene bewerk en dit monteer en ook houtsnywerk doen. Hy is in staat om enige kunswerk te maak. 34 God het vir hom en Oholiab, seun van Agisamak uit die Danstam, die vermoë gegee om ander op te lei. 35 Die Here stel hulle in staat om graveerwerk, borduurwerk en weefwerk te doen met blou, pers en bloedrooi wol en linne.”

Voorbeeld 2

Hand 6: 3 Medegelowiges, kies sewe mans onder julle wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Ons sal hulle dan vir hierdie bediening aanstel
Die sewe mans vol van die Heilige Gees en wysheid moes ’n strategie ontwikkel om die probleem  van die versorging van die weduwees, op te los.

Max Lucado wrote: “Every day I have the honor of sitting down with a book that contains the words of the One who created me. Every day I have the opportunity to let him give me a thought or two on how to live.
Besef daar is meer as een roete en dit is wyer as jou lewenspatrone en gemaksone.
Skryf jou drome, planne of probleem binne ‘n sirkel.
Laat toe dat die Heilige Gees jou gedagtes bevrug met SY idees.
Skryf buite die sirkel gedagtes en verbind verskillende idees met mekaar.
Skryf dit neer.

Bid elke dag: “Jesus laat u wysheid en kreaktiwiteit deur my vloei.”

Selgroep vrae
Hoe kry kreatiwiteit uitdrukking in jou lewe?
Wat beteken die stelling Jesus is wysheid vir jou?
Watter onvervulde visies het jy?



Saturday, January 21, 2017

Divine Acceleration 1 – Potensiaal




Divine Acceleration 1 – Potensiaal

Wanneer ons praat oor my en jou potensiaal dan gesels ons vanuit ‘n perspektief van bonatuurlike ingrype in my en jou lewe wat ons na ‘n plek vat waar ek en jy die hande is wat verandering bring in ons omgewing.

Wat beteken Divine Acceleration?

Divine: things that are of, or from, God; of God or like God; holy.
Accelerate: begin to move quickly; increase in rate, amount or extent; undergo a change in velocity.

Ek en jy het nodig om te besef…

Joh 3:3 MSG  Jesus said, "You're absolutely right. Take it from me: Unless a person is born from above, it's not possible to see what I'm pointing to--to God's kingdom."

Wanneer ek en jy besef ons is van Goddelike saad, dan het ons ook al die potensiaal wat nodig is om ‘n persoon, ‘n huis, ‘n familie, ons werk en uiteindelik ‘n stad te verander.

Ons doen dit nooit alleen nie….

Joh 15:26-27 AMPC  But when the Comforter (Counselor, Helper, Advocate, Intercessor, Strengthener, Standby) comes, Whom I will send to you from the Father, the Spirit of Truth Who comes (proceeds) from the Father, He [Himself] will testify regarding Me.  (27)  But you also will testify and be My witnesses, because you have been with Me from the beginning.

Hierdie is my en jou potensiaal…. In Christus …is die lyn tussen minderwaardigheid en trots.

n Storie wat divine demonstreer…

Exo 35:31-35 ANV  Die Here het hom toegerus met sy Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen:  (32)  ontwerpe maak en dit in goud, silwer en brons uitwerk,  (33)  edelstene verwerk en monteer, en houtwerk doen. Hy sal enige werk kan doen.  (34)  Die Here het vir hom en vir Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, die begaafdheid gegee om ander as vakmanne op te lei.  (35)  Die Here het aan hulle die vaardigheid gegee om al die werk van 'n vakman te verrig: om te ontwerp, om blou, pers en bloedrooi wolstof en linne te borduur, en om te weef. Hierdie manne kan enige werk doen en ontwerpe maak."

Elke aspek om die doel te bereik het God gegee…

Vir my en jou beteken dit…

Dat God saam met jou wil kom en jy intap in sy potensiaal. Om te glo daar is meer, as net jou potensiaal; Bonatuurlike inspraak van God. Om te kan Accelerate het ons God nodig.

Absolute surrender to the will of God is the only way for the believer to live. Yet something strange happens as that person enters into the intimacy of friendship with God; God becomes interested in our desires. And ultimately, He wants our minds renewed so that our will can be done. – Bill Johnson (The supernatural power of a transformed mind)
‘n Storie wat “accelerate” kon wees…Joshua en Kaleb (Num 13-14)

Agtergrond
Die Israeliete het ‘n opdrag gehad om die tabernakel te bou en vir ‘n jaar lank het hulle by die berg Sinai gebly end it gedoen.
Toe kry hul opdrag om na die beloofde land te trek en Moses stuur twaalf verspieders uit om die lan te verken.
Hulle het ‘n tros druiwe terug gebring so groot dat twee mense dit moes dra, die land van melk en heuning (Num 13:23).
Maar hulle vrees vir die Reuse het hul oorweldig. Soveel was dit dat hulle geween en gehuil het om terug te gaan Egipte toe.
Ons lees hoe God en Moses praat oor hierdie volk, hulle bly vir 40 jaar in die woestyn (‘n generasie sterf) behalwe Kaleb en toe trek hulle die beloofde land in.

Ons leer by Kaleb…

Num 13:30 ANV  Kaleb het egter die manne wat met Moses praat, stilgemaak en gesê: "Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kán dit doen."

1. Hy het geglo hulle kan

Num 14:6-10 ANV  Ook het Josua seun van Nun, en Kaleb seun van Jefunne, manne wat saam die land verken het, hulle klere geskeur,  (7)  en vir die hele vergadering Israeliete gesê: "Die land wat ons gaan verken het, is 'n buitengewoon goeie land.  (8)  As die Here ons goedgesind is, sal Hy ons na hierdie land toe bring en dit aan ons gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.  (9)  Julle moet net nie teen die Here in opstand kom nie. Moet ook nie vir die mense van die land bang wees nie, want ons sal hulle maklik verslaan. Hulle gode sal hulle nie kan beskerm nie. Die Here is by ons. Moenie vir hulle bang wees nie!"  (10)  Maar die hele vergadering het gedreig om vir Josua en Kaleb met klippe dood te gooi. Toe het die magtige teenwoordigheid van die Here by die tent van ontmoeting vir al die Israeliete sigbaar geword.

2. Hulle het geglo hul omgewing is ‘n buitengewone goeie land.
3. Hulle het geglo dat God lei hulle en hulle hoef nie te vrees nie.

Divine Acceleration vra…

1. Wees wie jy gemaak is om te wees

Herinner jouself aan wat God se oor jou lewe

Joh 6:63 MSG  The Spirit can make life. Sheer muscle and willpower don't make anything happen. Every word I've spoken to you is a Spirit-word, and so it is life-making.

As jy vergeet…

Eph 3:16 AMP  May He grant you out of the rich treasury of His glory to be strengthened and reinforced with mighty power in the inner man by the [Holy] Spirit [Himself indwelling your innermost being and personality].

Go back over God’s promises until you can see! Sometimes God reviews what is written in His book of remembrance, and He shapes the future because of what was done in the past. -  Bill Johnson (The supernatural power of a transformed mind)

2. Neem ‘n stap van geloof.

Heb 11:8 ANV  Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom.

3. Ons is geroep, om apostolies op te tree. (Subdue – Heerskappy)

Die woord Apostels word afgelei van:
In die Romeinse tyd het dit die skip wat gelei het beskryf.
Die mense op die skip moes ‘n kultuur gaan skep deur opvoeding, vaardighede, kuns, waardes.
Die intensie was sodat die Keiser kan terugkeer en tuis voel soos in Rome.
Vir my en jou beteken dit orals waar ons gaan is ons mense besig om ‘n kultuur te skep waarin ons “soos wat dit is in die hemel so sal dit wees op die aarde” soda tons Koning kan terugkeer.

We are architects of culture. We make daily decisions that either contribute to a culture shaped by values of the Kingdom of God or that undermine such a culture…It is possible to be an intentional voice, illustrating the wonders of the Kingdom of God. The need of the hour is a voice, followed by an example. – Bill Johnson (The power that changed the World)

Blogs

·         Jolize de Villiers – https://pearlsforencouragement.wordpress.com
·         Mariska Ford – https://www.voelgoed.co.za/users/blogger-mariska-ford (Finesse: SELF afdeling)
·         Christel Coetzee – https://www.voelgoed.co.za/users/blogger-christel-coetzee (Finesse: HUWELIKE)
·         Marthinus & Bianca Steffen – https://www.voelgoed.co.za/users/bloggers-marthinus-en-bianca-steffen (Finesse: HUWELIKE)

·         Bianca Steffen – https://www.voelgoed.co.za/users/blogger-bianca-steffen (Finesse: GELOOF) /  www.biancasteffen.co.za

Friday, January 13, 2017

Rigting 3 "Destiny"



Rigting:  “Destiny”

Waarheen is jy op pad?
Wat is die rede waarom jy hier op aarde is?
Ons is opsoek na die groot rede vir ons bestaan.

Die Ou Testement se stories neem ons na “Wat“  toe? 

Wat is die een ding wat ek met my lewe moet doen?
Moses se “wat” is gelyk daaraan om die volk te red uit Egipte.
Josef se “wat” is om Israel te red van hongersnood.
Ons spandeer so baie tyd om die “Wat is die rede vir my bestaan’ te soek?

Die Nuwe Testement skuif my soeke na Destiny van af ‘n “Wat” na ‘n “Wie”.

Rom 8:28 En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe. 29 Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word. Op hierdie manier sal Christus Jesus die oudste seun wees, omring deur baie broers en susters.

1. Ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk
Innerlike geluk, sinvolheid, vrede
2. Vir Wie sal alles ten goede meewerk?
 ... wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe
3. Wat is sy doel?
 Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word

Message vertaling . We see the original and intended shape of our lives there in him.

Jou “destiny” is:
Om jouself in Christus te ontdek,
Jouself met Hom te indentifiseer.
En toe te laat dat Hy deur jou uitdrukking kry.

Wie bepaal dus jou optrede? Wie is jou life coach?
Opvoeding
Die invloed van vriende

Jesus nooi jou om Hom toe te laat in jou lewe sodat Hy jou kan omvorm.

Rom 12: 2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

Dit is presies wat Paulus ervaar het toe Hy sy Destiny in Christus ontdek het.

Fil 3:6 In daardie tyd was ek so ernstig oor my Joodse godsdiens dat ek al wat Christen was, ywerig vervolg het. Ja-nee, volgens die Joodse wet het ek nie ’n voet verkeerd gesit nie.
Christus is vir my die belangrikste van alles en almal
7 Al dié dinge was eers vir my ook baie belangrik. Maar Christus het my oë laat oopgaan. Dit het glad geen waarde meer vir my nie. Ek het besef hoe dit ’n mens se aandag kan aftrek van wat regtig belangrik is, en dit is dat ek Christus Jesus as my Here leer ken het. 8Dit het my laat besef dat al hierdie ander dinge eintlik niks in vergelyking daarmee is nie. Vandat my pad Jesus s’n gekruis het, het die hele manier waarop ek na dinge kyk, verander.
Al daardie dinge wat eers vir my so belangrik was, is nou vir my minder as niks werd, want Jesus het vir my alles geword. Hy is nou vir my belangriker as alle ander dinge tesame.
Daarom het ek alles gelos vir Hom. Wanneer God na my kyk, moet Hy sien dat ek in ’n intieme verhouding met Jesus staan. Jesus het mos my saak met God reggemaak. Dit was nie omdat ek so mooi na die wet geluister het nie, 9maar omdat ek Jesus vertrou.

My lewensoptrede, en rigting het verander toe my pad met Jesus sin gekruis het.

Die storie van Saggeus Luk 19

Twee hoofkrakters in die storie

Jesus en Saggeus
Jesus kan ons leer hoe om ons “Destiny” uit te leef.
By Saggeus kan ons leer wat het gebeur as Jesus jou padlangs kom.

Jesus

Jesus leef vir eending, dit is om sy Vader uitdrukking te gee in elke situasie.
Joh 4:34 Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.

Luk 19:5 Toe Jesus by dié bepaalde plek kom,
Jesus het toegelaat dat God se liefde en omgee deur Hom beweeg in die konteks waar Hy Homself bevind het. Dit was kenmerkend van Sy lewe op aarde.
Les
Laat Jesus uitdrukking kry in elke area van jou lewe.
Dit gaan oor gehoorsaamheid aan Jesus in alle areas van jou lewe.
Dit kan  ‘n langtermyn opdrag wees of net vir die oomblik.

Saggeus

Sy naam beteken Skoon, onskuldig
Sy lewe gee nie uitdrukking aan wie hy is nie: Hy het teen sy mense gedraai en julle geld gesteel.

Maar daar was  ‘n oomblik toe Jesus se teenwoordigheid sy lewe gevul het.

Luk19:8 Saggeus het egter openlik gereageer en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my besittings aan die armes gee, en as ek iets van iemand met ’n slenter bekom het, gee ek dit vierdubbel terug.”

Jesus se teenwoordig verander Saggeus se lewe.

The Robe gebruik die skryf Lloyd Douglas die storie van Saggeus om te verduidelik hoe Jesus ons vry maak. In hierdie storie vra Jesus vir Saggeus nadat hy hom voorgeneem het om die grootste deel van sy geld weg te gee, wat hom dit laat doen het, tot hierdie buitengewone daad van vrygewigheid laat oorgaan het. Dan antwoord Saggeus: Meester, toe ek in U oë kyk, het ek daarin die Saggeus gesien wat ek veronderstel was om te wees. Dit is wat die evangelie van Jesus met ons doen.

2 Kor.5:20 Ek is Christus se ambassadeur hier op aarde. Ek verteenwoordig Hom op elke plek waar ek kom. God praat deur my met julle almal.

1. Destiny is meer as daardie een ding waaraan ek my lewe moet wy.
2. Destiny is om in elke rol van my lewe Christus uitdrukking te gee.
3. Destiny is om in gehoorsaamheid, te sien wat Christus sien.

Op te tree soos Christus sou optree.

Dan raak dit nie “ ’n wat” nie, maar ‘n lewe waar Hy op verskillende wyses deur elke lewensrol  en in elke spasies deur my lewe.

Bespreek hoe die storie van Saggeus jou denkwyse oor die lewe uitdaag?
Wat het jy al van jouself in Christus ontdek?
Hoe raak die woord "omvorm" jou persoonlik?

Friday, January 6, 2017

Rigting 2 - Aksie


Direction - assistance in pointing out the proper route, the line or course on which something is moving or is aimed to move or along which something is pointing or facing, a guiding, governing, or motivating purpose, the art and technique of directing an orchestra, band, or a show.

Vandag wil ek met jou gesels oor die konsep: Rigting vereis Aksie, wanneer jy in ‘n spesifieke rigting beweeg vereis dit aksie om in die regte rigting te beweeg.

Action - the fact or process of doing something, typically to achieve an aim; take action on; deal with.

Aksie vir ‘n kind van die Here om seker te maak ek beweeg in die regte rigting vereis aksie…ons doelwit is om te sien dat God regeer in ons stad deur my en jou…dit vra dat ek en jy sal leef elke dag as ‘n mens…waar daar negatiwiteit is bring ek positiwiteit, waar daar armoede is bring ek en jy werkskepping, waar daar imoraliteit is bring ek en jy standaard, waar daar vernietiging is bring ek en jy restorasie….

Watter tipe aksie vra dit van my en jou?

The place to begin with realignment to the ‘True North’ of God’s nature and purposes, is with the ‘higher’ capacity of our being - our spiritual nature. Any attempt at lasting change that does not begin in the spiritual nature of man, will be short-lived and shallow. It is essential that the life-giving presence of God indwell our innermost being if we want to live a full and fulfilling life. Our spiritual capacity influences our thoughts and values; these give rise to actions, forming behavior patterns, habits and - ultimately - our lifestyle. This paradigm of alignment is the foundational paradigm from which we are designed to live. – Rick Moser (GPS)

In Jesus se woorde:
Joh 6:35 & 40 MSG
(35)  Jesus said, "I am the Bread of Life. The person who aligns with me hungers no more and thirsts no more, ever.
(40)  This is what my Father wants: that anyone who sees the Son and trusts who he is and what he does and then aligns with him will enter real life, eternal life. My part is to put them on their feet alive and whole at the completion of time."

‘n Storie oor belyning.

Die storie oor Simson is ‘n storie van ‘n man wat elke dag van sy lewe onder die guns van die Here geleef het.
Maar hy het gekies om sy lewe nie op ‘n konstante basis te belyn nie
Dit het veroorsaak dat al sy tyd en enegie gespandeer woord rondom een aspek, Delila.

Rigters 16:15-17 ANV
(15)  Toe sê sy vir hom: “Hoe kan jy sê jy het my lief as jy my nie vertrou nie? Jy het my nou al drie keer bedrieg en my nie vertel waarin jou groot krag lê nie.”
(16)  So het sy dae lank by hom bly neul en hom lastig geval. Hy het so ongeduldig geraak dat hy kon sterf.
(17)  Toe vertel hy haar sy lewensgeheim. Hy het vir haar gesê: “My hare is nooit geskeer nie, want ek is van my geboorte af aan God gewy. As my hare afgeskeer word, sal my krag verdwyn en ek sal magteloos wees. Ek sal soos 'n gewone mens wees.”

Ons liefde om alles te wil hê, alles te wil doen lei ons baiekeer na ‘n plek waar ons soos Simson nie kies om onsself te  belyn nie.
Uiteindelik gee ons onsself oor aan die ‘rat race’ waar in elke geval net die rotte wen en ons verloor alles.
Miskien, net miskien het ons nodig om op die plek te kom waar Simson homself bevind waar hy besef het, hy het nodig om te belyn want daarin lê sy krag.

(Rigters 16:28 ANV)  Toe roep Simson tot die Here: “Here my God, dink tog aan my! Maak my tog net hierdie een keer sterk, o God,….

Simson het besef vir rigting...

1. Jou tyd is beperk
a. Ons almal soos Simson ‘ad’ net in ons lewens maar vra nooit wat moet ons stop doen nie, ons leef asof tyd onbeperk is.

2. Al jou tyd gaan spandeer word 
a. Daar is nie tyd oor op die einde van ‘n dag nie as dit verby is, is dit verby.
b. Ek het nog nooit vir Bianca gesê, Hy liefie hier is vir jou van gister se tyd oor nie.
c. As jy op jou sterfbed lê op die einde van jou lewe, het ek nog nooit gesien iemand haal ‘n tas uit die kas met ekstra tyd nie, ek kan nie nou sterf nie ek het ekstra tyd.

3. Iemand gaan bepaal hoe jou tyd spandeer word.
a. Eerste persoon – jy bepaal dit.
b. My kinders
c. My baas
d. As jy of ander mense in beheer is van jou tyd dan gebeur die volgende net agv hoe ons aanmekaar gesit is - Die belangrike goed gee altyd plek vir ons krisisse.

Die Here sê, gee My die kans om jou lewe te belyn.

Die mees logiese ding om te doen is om toe te laat dat die Here my en jou lewe belyn.
Hy is die een wat jou hierdie tyd op aarde gegee het en Hy is die enigste een wat weet hoeveel  tyd jy oor het op hierdie aarde.

(Job 14:5 ANV)  Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal, U het dit neergelê, en hy kan dit nie oorskry nie.

As die dokter vandag vir jou sê jy het net 6 maande oor om te leef sal jy bid?. Ek het my skedule gehardloop, ander het my skedule gehardloop maar sal u my skedule vat om te leef.

As ek en jy toelaat dat die Here ons lewens belyn dan verstaan ons: 

1. Om respek te hê vir die feit dat ons dae getel is deur God.
a. Jy kry net kans om eenkeer 21 te wees. Of dertig, so paarkeer 40, dan 50. God ken die limiet. Dit gee jou perspektief om reg te prioritiseer.

(Psa 90:12 AMP)  So teach us to number our days, that we may get us a heart of wisdom.

b. Jy het net een week om te leef. Hoe sal jy dan leef. (Marble storie - 50 jaar 13000 soveel saterdae oor.)

2. Prioritiseer jou lewe reg

Eph 5:15-16 AMP
(15)  Look carefully then how you walk! Live purposefully and worthily and accurately, not as the unwise and witless, but as wise (sensible, intelligent people),
(16)  Making the very most of the time [buying up each opportunity], because the days are evil.

a. Vraag wat jy moet vra: Wat is die wyse ding om te doen? Nie is dit reg of verkeerd nie.
b. Ons het ‘n vrees dat as ons dit vir die Here bring, dan het ek nog minder tyd om produktief te wees nie?
c. Prioriteite bepaal kapasiteit nie hoveel jy kan doen nie. (voorbeeld as jy inpak om vakansie te gaan hou)
d. As jy God intrek om jou te help skeduleer sal jy verbaas wees.

3. Maak jou tyd met die Here prioritiet.

(Mat 6:33 ANV)  Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Absolute surrender to the will of God is the only way for the believer to live. Yet something strange happens as that person enters into the intimacy of friendship with God; God becomes interested in our desires. And ultimately, He wants our minds renewed so that our will can be done. – Bill Johnson (The supernatural power of a transformed mind)

Praktiese beginsel: Haal jou horlosie af, voordat more jou horlosie aansit, maak tyd vir die Here.