Saturday, September 24, 2016

Mag dit met jou goed gaan. Emosies


Ons tema-teks vir die reeks is:'

3 Joh 1:2 Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.

Emosie het ‘n groot invloed om jou sielsmens.

Jesus self bring emosie in die hartklop van ons verhouding met Hom.

MARKUS 12:30 NLV
Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.
Jy het hom lief (emosie), dit bring oorgawe en passie

Die skrywers wat Jesus se lewe opteken het, beskryf Sy emosie in hulle verhale oor Hom.
Medelye, droefheid, benoud  ens.  is almal emosies wat Jesus beleef het.

Ons poitiewe sowel as negatiewe emosies kom van God af.

Twee ekstreme pole van Emosies
Mense wat dink dat alles van die lewe gaan oor hoe hulle voel en word gelei deur hulle emosies.

Mense wat vir niks emosie wys nie en dit ignoreer.

Hoekom moet ek leer om my emosies te bestuur ?

Die geheim is dat jou emosie nie jou moet bestuur nie, maar jy moet leer om jou emosie te bestuur.

Ons emosies is somtyds onbetroubaar.
Spreuke 14:12 Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

Ons emosies  kan ons manipuleer.
Dit gaan jou dinge laat doen waaroor jy later spyt is.
Spr 25: 28 Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie,
is soos ’n stad sonder ’n muur wat beskerming bied.

Die duiwel gebruik hierdie negatewe emosies om jou in n gevangene te hou.
1 Petrus 5:8 Wees nugter (be alert/be self-controlled) en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

Dit kan jou help om in die lewe suksesvol te kan wees (EQ vs IQ)

Moenie die rol van positiewe emosie onderskat nie
Proverbs 5:23 Hy kon homself nie beheer nie; daarom gaan hy sterf.
Hy verdwaal omdat hy dwase dinge doen.


Hoe kan ek my emosie bestuur?

Joyce Meyer - “God wants you to use wisdom. Wisdom says wait a little while until the emotions settle down, then check to see if you really believe it's the right thing to do. Don't let your emotions make your decisions. A good statement to remember is this: "Wisdom says wait; emotions say hurry."
1 Peter 4:2 (TEV) From now on you must live the rest of your earthly lives controlled by God’s will and not by human desires.

1 Petrus 1:13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter (keep yourself under control/do not let yourself go in every direction) en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.

1. Leer van jou  emosie

Identifiseer jou gevoel/gee dit ‘n naam.

Vra die vrae: Hoe voel ek regtig?

  • Watter emosie het jou optrede gedryf?
  • Wat is die motivering agter my gevoel?


2. Konfronteer die negatiewe emosies

Moenie die gevoel net aanvaar nie, is dit gebou op die waarheid?
Is dit regtig nodig om so intends te reageer?
Is dit so erg soos wat ek dink?
Bou dit my of breek dit my af?
Drie vrae
Wat is die regte rede waarom ek so voel?
IS dit waar?
Help dit my? Leer ek daarby. Of breek dit my af?

3. Verander die gevoel

Fil 2:5 Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees:

Hoe sal Jesus in so situasie optree?
Sal hy toelaat dat die emosie Sy optrede bestuur?
Bv. Jesus sal nie bitter wees nie,
Bv. Jesus sal dink voor hy praat.

Vervang die leun of dit wat jy glo met die waarheid wat ‘n positiewe emosie sal na vore sal bring.


Vra die Here om jou te help
Psalm 26:2 (GNT) Examine me and test me, LORD; judge my desires and thoughts.

Gal 2:22 Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 23sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie.

Spreek die waarheid 

Jak 3: 4 En ’n klein roertjie maak dat ’n groot skip draai net waarheen die stuurman wil, selfs wanneer sterk winde waai. 5  So is die tong ook iets kleins, en tog kry dit groot dinge reg
Dit is ’n onbeheerbare kwaad, vol dodelike gif. 9 Partykeer loof daardie tong ons Here en Vader, en ander kere vloek dieselfde tong mense wat na die beeld van God gemaak is

Herinner jou wie jy in Christus is.

Kanaliseer jou emosie na areas waar dit lewe wek. 

So kry jy “purpose” uit negatiewe gebeure.

Saturday, September 17, 2016

Mag dit met jou goed gaan – Ten opsigte van jou gesondheid.



Mag dit met jou goed gaan – Ten opsigte van jou gesondheid.

Spanning is een van die grootste oorsake van siekte in jou liggaam.
Spreuke 14:30

(NLV) 'n Kalm gemoed / innerlike kalmte hou die liggaam gesond; hartstog vreet 'n mens op.
(TEV) Peace of mind makes the body healthy.
(NLT) A relaxed attitude lengthens a man’s life.

Ps 23 gee ons beginsels om spanning in ons lewe te hanteer.

1. Psalm 23:1 Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

Jesus is my bron

Plaas jou sekuriteit in Hom en nie in iets wat jy kan verloor nie.
Jes 30:15 “Eers as julle na My draai
en tot rus kom,
sal julle gered word.
Deur stil te raak
en te vertrou,

Vertrou Jesus in alles

2. Psalm 23:2  Hy laat my rus in groen weivelde.

Ex 34 21“Ses dae lank moet jy besig wees met jou werk. Op die sewende dag moet jy ophou, selfs al is dit planttyd of oestyd.

Herwin jou krag deur rus. 

Wat doen jy op jou rusdag:
My liggaam moet rus.
Versterk jou gees.
Herlaai jou emosies.

3. Psalm 23:2 - 3  Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag.

Herlaai my siel met die mooi van die lewe

Waardeer die natuur en die mooi van die lewe.

4. Psalm 23:3 Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

Jak 1:5 Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. 6 Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord,

Vra die Here en wag vir die regte tyd vir leiding.

5. Psalm 23:4  Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

Vertrou God in donker tye.

Ek haal my oë van die onsekerheid af en fokus op Jesus.

6. Psalms 23:5 (ANV)  U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.

Gee mense wat jou te nakom oor aan Jesus. Hy sal dit hanteer.

Romans 12:14 – 19
Bless your enemies; no cursing under your breath. Laugh with your happy friends
when they're happy; share tears when they're down. Get along with each other;
don't be stuck-up. Make friends with nobodies; don't be the great somebody.
Don't hit back;
discover beauty in everyone. If you've got it in you, get along with everybody.
Don't insist on getting even; that's not for you to do. "I'll do the judging," says
God. "I'll take care of it."

7. Psalm 23:6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

Filippense 1:6  Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Vertrou Jesus in alles en weet dat goedheid en guns jou sal volg elke dag, selfs al maak die lewe nie altyd sin nie.

Matt 11:28 “Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. 29Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. 30 Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.”
Kom  na Jeus as jy moeg is en Hy sal jou gees verkwik

Die les: Sy juk is sag, Hy dra my laste