Saturday, February 6, 2016

Accelerate: 2016



2016 se jaar tema, Accelerate is meer as net die fokus van die jaar, maar dit is ‘n aankondiging van nuwe seisoen in Doxa Deo.

Accelerate kan met die volgende konsepte vasgevang word.
Momentum TE KRY
Spoed vermeerder
Groter Impak
Duidelike rigting
Dringendheid
Kapasiteit
Geloof
Eenheid

Selgroep vraag; Wat is Doxa Deo se Visie en Missie?

20 Jaar terug het die Here met Alan Platt gepraat oor ‘n revolusionêre konsep, wat die rigting van Doxa Deo, maar sowel as die kerk verander het.

Die uitdaging was om nie ‘n Kerk in ‘n stad te wees nie,  maar ‘n kerk vir die stad.

Vanuit hierdie is ons Visie en Missie gebore 

Visie: Establishing God’s reign in 12 cities for Global Impact.
Missie: Transforming People & Society.

Habakkuk 2:14: was ‘n skrif gedeelte wat ons ontvang het
“For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the Lord, as the waters cover the sea.”

Die golf in ons logo kom van hierdie skrif af.

Doxa Deo ervaar dat ons roeping kan soos volg saam gevat word: 

We go beyond church on a Sunday to serving our city with the objective of seeing the establishing of the Lordship of Christ in every sphere of society. We are not only concerned for the state of our cities; we take responsibility for our cities. We serve our cities into the Kingdom.

In die afgelope 20 jaar is 20 kampusse geplan en verskeie projekte begin wat die stad dien.

Waar pas Accelerate hier in:


  • Ons vertrou om dit wat die afgelope 20 jaar gebeur het, te sien gebeur in die volgende 5 jaar. 
  • Die dringendheid dat meer mense gered moet word
  • Om met ‘n groter dringendheid mense te laat groei, en dissipels te maak wat hierdie roeping uitleef: Ons noem hulle City Changers.

Ons 2020 visie: Om in die volgende 5 jaar nog 20 kampusse te plant.
Sodat ons ' n groter invloed in geografiese areas kan hê, waar ons die stad kan dien en mense kan bereik.

Hierdie vers som Accelerate op.

2 Corinthians 4:15 (MSG)
Every detail works to your advantage and to God’s glory:
 more and more grace,
 more and more people,
 more and more praise!

More Grace:
’n Boodskap van goeie nuus vir n stad
‘n Boodskap van ware lewe

More People: 
Meer mense wie se lewe geraak word deur City Changers

Die resultaat meer aanbidding

Bedink die volgende twee verse

Jes 40: 9 -11 You’re the preacher of good news.
Speak loud and clear. Don’t be timid!
Tell the cities of Judah,
“Look! Your God!”
Look at him! GOD, the Master, comes in power,
ready to go into action.

Hab 2:12-14 “Who do you think you are—
building a town by murder, a city with crime?
Don’t you know that God-of-the-Angel-Armies
makes sure nothing comes of that but ashes,
Makes sure the harder you work
at that kind of thing, the less you are?
Meanwhile the earth fills up
with awareness of God’s glory
as the waters cover the sea.

God kom in Sy krag en mense gaan bewus word van Sy goedheid.

Besef die Dringendheid van die Visie.

Matt 5:13
Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. 14 “Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 ook steek ’n mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

God roep ons om sout te wees: 
Waarom sout?

Lev 2:13 En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring.
Num 18:19  Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ’n ewige insetting. Dit is ’n ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.

  • Sout was op alle offers gegooi, daardeur is die offer se betekenis vir ewig vasgemaak.
  • Jesus was die laaste offer


Hebreeus 10 12 Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. 13 Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is. 14 Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak. nie.
17 Dan sê Hy verder: “Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.” 18 Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie.

Ons is die sout, en as ons nie sout is nie, word die boodskap van kruis en die goeie nuus stil.

Selgroep: Hoe kan jy prakties sout wees?

Martin Luther
U het my ‘n deel van u kerk op aarde gemaak
U weet dat ek regtig nie geskik is vir die doel nie
As dit nie vir u leiding was nie
Sou ek a lankal ‘n groot gemors gemaak het het
Van alles wat ek aanpak
Here ek gee nou weer my hart
En mond alles wat ek se
Vir u om te gebruik,
Ek wil graag u mense van u leer,
Maak eers moet u wil vir my leer
Gebruik my as u werksman, Here
Moet my nooit verlaat nie,
Want sonder U is ek niks en kan ek niks doen  nie

Om sout te wees: draer van goeie nuus 

Groei in Geloof, liefde en dade
Gal 5:6 Wat egter wel belangrik is, is geloof wat deur liefde dade word.

No comments:

Post a Comment