Saturday, February 13, 2016

Accelerate 2: Saam maak ons 'n groter impak



Ons Taak is die vestiging van God se koninkryk op aarde.

Neh. 5 verwys na groep leiers wat ten koste van ander hulself verryk het.

1 In hierdie tyd was daar ook ernstige klagtes van die volk en die vroue teen sommige van hulle mede-Jode. 2 Party van hulle het gesê: “Ons het groot families. Ons moet koring in die hande kry om te kan oorleef.”
3 Ander het gesê: “Ons het ons landerye, wingerde en huise verpand om gedurende die hongersnood kos in die hande te kry.”


Hulle het diens gedoen onder die reëls van Koning Artasasta.
‘n Amptenaar was geregtig om mense te belas.
Hulle kon self 1/10 van die eiendom vir hulle gevat het.

Neh 5 15: Hulle het die mense swaar belas. Hulle het behalwe brood en wyn elke dag ook nog 460 gram silwer geëis. Selfs die goewerneurs se amptenare het van die mense misbruik gemaak.

Hulle was beïnvloed deur die aanvaarbare kultuur van daardie tyd.


Nehemia : Het nie toegelaat, dat die kultuur van die dag sy optrede bepaal nie.

Neh 5:14 Ek was twaalf jaar lank goewerneur van Juda. Dit het gestrek vanaf die twintigste tot die 32ste jaar wat koning Artasasta regeer het. In dié tyd het nie ek of enige van my amptenare die kostoelaag waarop die goewerneur geregtig is, gebruik nie.
 15 Maar dit was nie die geval met die goewerneurs wat my voorgangers was nie. Hulle het die mense swaar belas. Hulle het behalwe brood en wyn elke dag ook nog 460 gram silwer geëis. Selfs die goewerneurs se amptenare het van die mense misbruik gemaak.
Maar ek het nie so opgetree nie omdat ek vir God ontsag het. 16 Ek het my aandag aan die bou van die muur gegee en nie vir my grond aangeskaf nie. Ek het ook van al my amptenare verwag om aan die muur te werk.

Ons behoort ons tyd, geld en passie in lyn te bring met  God se plan vir my lewe.

Watter les leer jy uit Nehemia se optrede in HSFT 5?

1 Peter 4:1-2 (Good News) “Strengthen yourself with Christ’s way of thinking.  Live your lives controlled by God’s will not by human desires.”

Waarom het hy so opgetree?

Die stad Jerusalem was in pyn en die volk Israel was verstrooid.

Neh 1: 2 Ek het hulle uitgevra oor die Jode wat die ballingskap oorleef het en oor die omstandighede in Jerusalem.
3 Hulle antwoord was: “Dit gaan nie goed met die mense wat uit die ballingskap teruggekeer het en daar oorgebly het nie. In die provinsie Juda is daar groot ellende en bespotting. Jerusalem se muur lê om en die stadspoorte is deur vuur vernietig.”

Die probleem het sy hart gearresteer. 

4 Toe ek dit hoor, het ek gaan sit en huil. Vir dae aaneen het ek getreur, gevas en tot die God van die hemel gebid.
5 Ek het gesê: “Here, God van die hemel, U is die groot en vreesaanjaende God. U hou by u verbondsbelofte. U is getrou in u liefde teenoor dié wat u gebooie liefhet en gehoorsaam. 6 Hoor my gebed!

Iets moet hieraan gedoen word? 

Dit wakker gebed aan vir die probleem.
Gebed bring jou by n plek waar die Here jou kan stuur.

God plaas ‘n  passie in Nehemia se hart waarop hy reageer.

Mense koop in op die plan.

Neh 2:18 Toe het ek hulle begin vertel hoe goed God vir my voorsien het en van my gesprek met die koning.
Hulle het dadelik reageer en gesê: “Dit is reg so. Kom ons bou die muur weer op!”

20 Ek het hulle geantwoord: “Ons sal met die hulp van die God van die hemel suksesvol wees. Ons is sy diensknegte, ons sal die mure begin herstel.

Die krag van die storie lê daarin dat elkeen sy deel gedoen het:

Lees Nehemia 3
Elkeen het n deel van die stadsmuur gebou.

As elkeen sy verantwoordelikheid na kom: word ‘n omgewing verander.

Ons verantwoordelikheid begin by JOU WERELD

  • Jou gesin 
  • Jou familie
  • Jou werk 
  • Jou vriende 
  • Jou kerk


Rom. 2:4 Besef jy nie dat God so goed vir jou is omdat Hy vir jou tyd wil gee om tot inkeer te kom nie?

Gebed: Here laat my lewe vandag deur U gebruik word.
Kom in God se ritme:


  • Dissipelskap

‘n Uitdaging vir 2016: Leer om God se Genade, jou identiteit in Christus, intimiteit, heerskappy te verduidelik aan iemand anders.
(Voorbeelde:  Volbring van Alan Platt en 4/40)


  • Sien jou verantwoordelikheid ten opsigte van jou omgewing.


Waaroor is jy passievol en wil jy n bydrae lewer?
Jou posisie waarin jy jou tans bevind. Hoe kan jy dit gebruik om die koninkryk te bevorder.

Selgroep vraag: Waaroor is jy passievol?
Watter bydrae kan jy lewer om God se koninkryk in die stad te vestig?

As elkeen van ons sy deel doen kan ons ‘n groter impak maak

Neh 6:15 Op 2 Oktober is die muur uiteindelik voltooi. Dit was net 52 dae vandat ons begin bou het. 16 Toe die nuus ons vyande bereik en die volke in die omgewing sien wat gebeur het, was hulle uit die veld geslaan. Hulle het besef dat ons God ons met hierdie werk gehelp het.

Ons kan ons impak in die volgende 5 jaar verdubbel.

No comments:

Post a Comment