Saturday, September 27, 2014

Beweeg - Gevangene na Vryheid




Van Gevangene na Vryheid
Joh 10:10
Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Mathew Henry - Christ came to give life and perisson ti - something more, something better, life with advantage; that in Christ we might not only live, but live comfortably, live plentifully, live and rejoice.

1 Kor 6:12
Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.

Oorheers / mastered – dit beteken om beheer te word, om verslaaf te wees – om ʼn slaaf van iets te wees, to bet taken hostage

Message
Just because something is technically legal doesn't mean that it's spiritually appropriate. If I went around doing whatever I thought I could get by with, I'd be a slave to my whims.
 Wat beheer jou lewe?
Die wortel van die probleem is dat ons iets toelaat om ons lewens te beheer in pleks van God.
 
Daar is ‘n baie interessante gedeelte in die Ou Testament – inteendeel baie Teoloë glo dat dit poëtiese prentjie / uitrukking is van verslawing.


Jes 44
Die ambagsman kap vir hom seders af, of hy kies sipresse of eike en laat hulle groot word in die bos, of hy plant 'n lourierboom, en die reën laat dit groot word.

'n Deel van die hout verbrand hy: hy maak kos daarmee gaar, hy braai vleis en eet tot hy genoeg het; hy maak hom ook warm en sê: “Dis lekker! Ek is warm, ek geniet die vuur!”

Van die hout wat oorbly, maak hy 'n god, 'n beeld, hy buig voor hom en aanbid hom, hy bid tot hom en sê: “Red my, want jy is my god!”

Sulke mense weet nie wat hulle doen nie, hulle het nie insig nie, hulle oë is toegepleister, hulle sien nie, niks dring tot hulle verstand deur nie.

Hulle kom nie tot besinning nie, hulle het te min kennis en verstand om te sê: “'n Gedeelte van die hout het ek verbrand, ek het op die kole kos gaar gemaak, ek het vleis gebraai en geëet, en moet ek nou van wat oor is 'n afskuwelike afgod maak, moet ek voor 'n stuk hout buig?”

Iemand wat hom met as besig hou, laat hom mislei deur sy eie verdraaide opvattings. Hy kan homself nie red nie, hy vra homself nie af: “Is dit nie 'n leuen waarmee ek my besig hou nie?”


 
Ons soek na dit wat net God kan voorsien in iets, in plaas van God self.
Voorbeelde:
- Genot en plesier
- Om in beheer te wees
- Om Betekenisvolheid te vind in mense
 
John Brysen stel dit as volg – The need for contol tells us the funamental lie that “if I can just maintain influence or mastery over this situation, people in my life, my performance, my schedule, my income, or whatever ......... THEN I’ll be okay, content, dominate, strong and safe”
 
Hierdie sterk behoefte dat ek in beheer wil wees word eintlik gedryf deur vrees:
·        Fears for your safety and the safety of those you love.
·        Fears about how you will die: disease, cancer, being alone, broke,  drowning, in a plane crash
·        Fears about what happens after death, being forgotten, judged, extinct
·        Fears about living a meaningless life
·        Fears about being unloved or alone
·        Fears about being in love and then hurt or abandoned
·        Fears about what you might lose: a friend, your girlfriend, your hair, your youth, your mind, money, your job, your spouse, your health, your purpose, or even your faith.
From “Running Scared” by Ed Welch
Hoe beweeg ek van gevangene na Vryheid?
 
2 Kor 10:3-5
...want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus
Kragtig – Dunamus – explosive power – devine power om te vernietig
Vestings – a prisoner locked by deception –
Message
The world is unprincipled. It's dog-eat-dog out there! The world doesn't fight fair. But we don't live or fight our battles that way--never have and never will.
The tools of our trade aren't for marketing or manipulation, but they are for demolishing that entire massively corrupt culture.
We use our powerful God-tools for smashing warped philosophies, tearing down barriers erected against the truth of God, fitting every loose thought and emotion and impulse into the structure of life shaped by Christ.
Steve Snider se - "Here’s the deal, God’s grace gives us the freedom to drop the mask.  To be honest with ourselves and others.  To quit playing games.  God’s grace is based on His nature not our perfect behavior.  It’s only when we let ourselves be vulnerable and transparent and take off the mask that His grace can truly penetrate our soul.  That’s when we can experience the freedom that He wants us to have in Him."
 
 
 
 
 
 


Saturday, September 13, 2014

Wie is verantwoordelik?





Die volgende stelling wil ek vanuit my persoonlike oortuiging maak.

“I Am a Christ Follower”

·         Sy wyse van lewe is vir my die voorbeeld van ware lewe,
·         Christus is my voorbeeld. In Hom ontdek ek myself.

Jesus se lewe is gekenmerk deur die “Missio Dei” van God.

Die Definisie van Missio Dei is Joh. 3:16.
“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

·         Die Vader stuur Jesus.
·         Jesus raak betrokke in mense se nood, tot in so ‘n mate dat Hy sy lewe aflê vir ons.
·         Hy stel die voorbeeld van hoe om te lewe.
·         Jesus se woorde: Soos die Vader my gestuur het stuur ek julle.

As Sy lewe gekenmerk is  deur die Missio Dei van God, behoort dit  ook die kenmerk van my lewe te wees.

Die kerk het alleen  die reg om te bestaan indien dit die instrument word wat God se Missio Dei (Boodskap van Hoop) uitdra. Dit is die kerk se primêre opdrag.

Allen Hitch - “ A working definition of missional church is a community of God’s people that defines itself, and organizes its life around, its real purpose of being an agent of God’s mission to the world.”

Die paradigma van ons lewensbeskouing.
















Ons moet ons droom van ons lewe belyn met God se passie.

Kol 1:15 Alles wat gemaak is, moet daarna streef om Hom gelukkig te maak
1 Kor. 12: 27 Julle is Christus se liggaam en elkeen van julle is ’n noodsaaklike liggaamsdeel
  • Die Here wil  jou gebruik in Sy storie.
  • Die som van elkeen se betrokkenheid, laat mense die volheid van Christus beleef. Ons gee saam  uitdrukking aan Christus.

Ef. 4:11 En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. 12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.13 So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus

My Aandeel in God se Missio Dei.

·         Raak betrokke by mense in jou invloedsfeer.

“One radical act of authentic kindness can change the destiny of an individual and one changed individual van initiate a chain of events that can change the course of history. “

Luk 8:38 Die man wat van duiwels besete was, het gesoebat om ook saam te gaan, maar Jesus het gesê: 39“Nee, gaan terug na jou familie toe en vertel vir hulle al die wonderlike dinge wat God vir jou gedoen het.”

  • Jou betrokkenheid, jou omgee, jou liefde, jou gebed kan ander Christus se liefde laat beleef.


Kol 4:5 In julle verhouding met buitestanders moet julle slim optree deur elke kans te benut. 6 Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle ge­reed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee.

·         Raak betrokke in die nood van die Stad

Lees Matt. 25 met ’n ontvanklike hart;
34 Daarop sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom julle, want my Vader het julle geseën. Kom ontvang julle erfenis – die koninkryk wat my Vader reeds van voor die begin van die wêreld af vir julle gereed gemaak het. 35 Want toe Ek honger was, het julle vir My kos gegee; toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink; toe Ek ’n hawelose vreemdeling was, het julle My in julle huise ontvang; 36 toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle vir My klere gegee; toe Ek siek was, het julle na My omgesien; toe Ek in die tronk was, het julle My opgesoek.’ 37 “Daarop sal dié wat God se wil uitgevoer het Hom antwoord: ‘Maar wanneer het ons U dan honger gesien, en vir U kos gegee? Of dors, en vir U iets gegee om te drink? 38 En wanneer het ons gesien dat U ’n hawelose vreemdeling was, en U in ons huise ontvang? Of dat U niks gehad het om aan te trek nie, en ons het vir U klere gegee? 39 En wanneer het ons U siek gesien of in die tronk, en U opgesoek?’ 40 En die Koning sal vir hulle antwoord: ‘Ek verseker julle: As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen.’

Die vraag is, waaroor is jy passievol ? Wat laat jou lag of huil?
Waar wil jou jou tyd en energie insit?
Wat is jou talente/ gawes? Dit antwoord die wat jy moet doen binne die raamwerk van jou passie.

1 Peter 4:10 "God has given each of you some special abilities. Be sure to use them to help each other, passing on to others God's many kinds of blessing."   

Die Here roep mense om as Pioniers op te tree.
·         Dit is mense wat die  nood raaksien en ‘n aksie-plan in plek sit.
·         As daar ’n droom in jou hart is, is dit tyd om te waag.

Hy roep ander om te dien en mense te help om hulle visies te sien realiseer.
·         Om ander bystand te gee met jou vaardighede en tyd.

Victor  Frankl stel dit treffend:

“Die mens vind sy identiteit in die mate wat hy homself verbind aan ‘n  taak wat groter as hyself is”.

Saturday, September 6, 2014

Fully Alive week 5: Is waarheid absoluut?


Is daar iets so waarheid vir almal ?
Wat waar is vir jou, is nie noodwendig waar vir my nie en om alles te kroon wat nog van absoluut?

Waar begin ek om waarheid te definieer?
Ons leef in ‘n samelewing vandag wat sukkel om die waarheid te definieer veral ons wat in ‘n westerse konteks groot word.
Ons het die geneigdheid om die waarheid te definieer met die feite van die lewe soos wat ons dit sien.
In ons westerse samelewing lei dit ons na ‘n plek van alles is relatief of ons kan dit nie hier en nou definieer nie wat nog om te sê dat waarheid is absoluut.
Alle godsdienste kan tog nie die waarheid wees nie? Logika alleen  bewys dit.

Show me a week of your life, and I will tell you about your worldview. Show me what you spend your time & money on, and I will tell you what you value.  Tell me what you get excited about, both positively and negatively, and I will tell you about your deep-down beliefs.  Tell me about your hopes & fears, and I will have a good idea of your beliefs about ultimate reality.

Die Ysberg beginsel: Die meeste van ons begin hier….
Gedrag- Hoe moet ek leef?
Waardes – Wat is goed, vir my?
Geloofsoortuigings – Wat is waar,vir my?
Wêreldbeskouing – Wat is waar (universele waarheid-realiteit), vir God?

God begin hier….
Heb 1:1-3 ANV  In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete,  (2)  maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.  (3)  Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.

Hier is ‘n nuwe gesprek oop…in die verlede het die Here met ons gepraat deur die profete ens, maar nou praat hy met ons deur Sy Seun….

“Die waarheid oor God en die waarheid oor die mensdom word slegs gevind in Christus, die absolute waarheid”

Jesus maak stellings soos:
Joh 14:6 ANV  Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Hierdie stelling is absoluut en eksklusief

Jesus bid vir sy dissipels en ook vir my en jou in Johannes 17 die volgende:
Joh 17:16-18 ANV  Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie.  (17)  Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.  (18)  Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur;

Voor die regter, Pontius  Pilates, bevestig Hy dit:
Joh 18:37 GNB ... I was born and came into the world for this one purpose, to speak about the truth. Whoever belongs to the truth listens to me."

Wat is my en jou perspektief?

Absolutes (bv – God is goed)
Interpretasies (bv – ek is gesond, ek het ‘n werk, ek het kos om te eet, ek het ‘n huis om in te bly … hierdie is alles bewyse dat God goed is vir my)
Aannames (bv – omdat God goed is, is ek gewaarbord van al hierdie goeie dinge)

As ek en jy groot geword het in ‘n westerse kultuur en ons hoor stelling soos die, dan vra ons normaalweg praktiese vrae. Hoe pas ek hierdie toe in my lewe? Hoe bestuur ek hierdie in my lewe? ens.

As ek net dit so geantwoord wil hê dan mis ek iets wat veronderstel is om integraal deel te wees van my lewe veral my as Christen.
Vrae oor betekenis (meaning). Wat beteken dit?
Vrae oor waarde(significance). Wat se waarde het hierdie vir die mensdom?
As ons nie hierdie vrae vra nie gebeur daar twee goed met ons….

1. Miskien fokus ek op ‘n verkeerde realiteit.

As ek en jy net fokus op die praktiese implikasies leef ons heel waarskynlik van ‘n eksterne realiteit (net hier en nou) terwyl ons veronderstel is om te leef van ‘n ewigheidsrealiteit (plek van verhouding).  ‘n plek van openbaring:
Om Hom te ken as persoon
Om elke dag te leef vanuit sy teenwoordigheid
Om Sy doelwitte te verstaan in Sy plan.

2. Ek begin geloof “issues” te ontwikkel.

Wanneer dit wat ek sien as ‘n absolute bots met my interpretasie  van die Woord. …
Absolute – God is goed …
Interpretasie – God maak gesond…
Spanning – ‘n geliefde word siek/ word nie gesond nie/ sterf
Anname:
a) Die Bybel is nie die waarheid nie & My leiers lieg vir my (dit beteken God is nie goed nie)
b) Ek het gesondig teen die Here & my geliefdes dra nou die las (dit beteken God is nie goed nie)
c) My geliefdes het gesondig en nou dra hulle die gevolge daarvan…as God regtig goed is, sal Hy hulle beskerm wat ek liefhet ten spyte van hul foute (dit beteken God is nie goed nie)

Wanneer ek leef vanuit net een dimensie (in die geval net prakties) dan stel ek myself op vir mislukking en teleurstellings.

Wat is die doel van die Bybel?

2 Tim 3:16-17 ANV  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek,  (17)  sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

2 Tim 3:16-17 AOV  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,  (17)  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

2 Timothy 3:16-17 ISV All Scripture is God-breathed and is useful (profitable) for teaching (doctrine), for reproof, for correction, and for training in righteousness 17so that the man of God may be complete and thoroughly equipped for every good work.

Nuttig(useful) … voordelig, werk goed vir sy oorspronklike doel…wat is:
Lering(teaching) … Leer van die Apostels (Hand 2:42 …) dit beteken die openbaarmaking van die posisie en identiteit  van Christus – Sy persoon, teenwoordigheid en doelwitte – vir elke mens
Weerlegging(reproof)…om te oortuig van/belyning/herinner van die openbaring van Christus
Teregwysing(correction)…om te herstel tot jou oorspronklike toestand/ jou oorspronklike toestand is duidelik gemaak sodat jy dit duidelik kan sien en jy volkome herstel kan beleef
Onderwysing in die geregtigheid(training in righteousness)… mentorskap/vaderskap wat nodig is om jou te laat goei na volwassenheid (seunskap)

Die lering van die Woord vind plaas vanuit ‘n verhouding met Christus en nie vanuit ‘n menselike behoefte of omstandigheid nie.

Hoe lees ek nou my Bybel ? (Vat jou Bybel)

Genesis tot Ester – Geskiedenis van die volk Israel (God se volk) in die geskiedenis is die wet.
Die wet is gegee om te wys hoe ‘n (ter voorbereiding)gemeenskap moet wees voor die openbaring van Christus.
Wysheidsliteratuur – Job tot Spreuke – Hulle verhouding met God
Profete – res van ou Testament boeke – implikasies van wat ons kan verwag (Christus)
Evangelies – Jesus as die voorbeeld vir my en jou
Briewe – My en jou deelname in Christus

Drie brille om deur te kyk:
Voorbereiding tot Christus
Voorbeeld as Christus
Vervulling van Christus in my en jou(Perspektief vanuit Christus)

Die doel van die skrif is:
1. Om Christus bekend te maak. (Vb verlore muntstuk Luk 15:8-10)
2. Om die mens se posisie in Christus te kommunikeer. (Vb Arm weduwee se geld Luk 21:1-4)
3. Slegs dan word die Woord ‘n gesag in ons lewens wat ons insig gee in die planne van God.(R5)

Wanneer ek die ingedagte hou dan verstaan ek….

Lering: Ek bevestig die absolutes van die Skrif
Vb God is goed … altyd, en in alle omstandighede dit is ‘n absoluut
Weerlegging: Ek hou die interpretasie van die Skrif in die lig van God se waarheid
Dit beteken ek vermy die versoeking om Bybelse beginsels toe te pas vanuit my tradisie, kulturele verwagting of persoonlike ervaring…dit beteken ek sal God aanbid nie omdat Hy goed vir my doen/nie doen nie maar omdat ek ‘n openbaring het wat gesetel is in ‘n verhouding, gekoppel aan Sy karakter en nie my persoonlike ondervinding nie. Want Hy is wie Hy is.
Teregwysing…Onderwysing in die geregtigheid (Correction … Instruction in righteousness):
Ek belyn my interpretasies en aannames met die Woord
Wanneer ek spanning beleef tussen die absolutes van die skrif en my interpretasies is dit veronderstel om my te dryf na verhouding en nie weg van God af nie.

‘n Voorbeeld…Psalm 23:4…

Even though I walk through the valley of the shadow of death (Eksterne realiteit … Fisiese omstandighede)
… I will fear no evil (Interne realiteit … persoonlike oortuigings, my perspektief)
… because You are with me … Your rod and Your staff, they comfort me (Ewigheidsrealiteit … God se karakter & Natuur; openbaring van Christus as Emanuel; die Heilige Gees as my Bemoediger)

Vrae vir jou kleingroep die week is:
o Hoe lyk waarheid vir jou?
o Wat is die rol van die Bybel in jou lewe?
o Hoe leef jy elke dag die “Woord van die Here” sonder om dit te praat?