Saturday, November 10, 2018

Woorde - NEE



Laat jou Ja, ja wees en jou Nee, nee

Elke besluit wat ons neem is JA of ‘n NEE. Elke ja, beteken ook ‘n nee vir iets anders. Elke nee is op grond van ‘n groter ja wat jy het.

Die besluite wat ons neem vorm ons lewe

Nou kom Jesus en sê -  Laat jou JA, JA wees en jou NEE, NEE

MATTEUS 5:37
“Sorg dat julle ja altyd ja bly en julle nee altyd nee . Enigiets meer as dit is uit die bose.”

Wat is opgesluit in hierdie woorde?
1. Dat ons ‘n vermoë het om Ja en Nee te kan se
2. Dat ons moet ja se vir die regte goed en nee se vir die regte goed

Jesus nooi ons uit om ons vermoë te gebruik om Ja en Nee te kan se

Daar is ‘n deel van ons lewe wat ons nie kan beheer nie – Buite ons beheer
Dan is daar ‘n groot deel van die lewe waaroor jy ‘n groot invloed kan uitoefen
Dan is daar ook ‘n groot deel van die lewe wat onder jou beheer is



Efes 6:6-7
Moenie mense probeer tevrede stel deur net gehoorsaam te wees wanneer hulle julle kan sien nie. Nee, werk as slawe van Christus wat met volle oorgawe God se wil doen. Doen julle werk entoesiasties, asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie.

“When you say Yes you define your values, when you say No you define your boundaries”

Shauna Niequist aanhaling
..... if you, like me, have said too many yeses, and found that all that hopeful, exciting, wide-open intention has actually left you scraped raw and empty, the word that can change everything is NO.
I know. I don’t like it either.
Yes is fun and sparkly and printed on tote bags. No? What if you saw someone wearing a sweatshirt that just said no? I do not want to sit next to that bundle of fun.
But NO became the scalpel I wielded as I remade my life, slicing through the tender tissue of what needed to go and what needed to remain.


Die Bybel is vol wonderlike nee’s
- Josef (Gen 37-50)
- Daniel (Daniel 3) se drie vriende – Sadrag, Mesag en Abednego
- Nehemia

Die enigste manier hoe jy dit gaan reg kry om nee te sê is presies  soos hierdie voorbeelde uit die OT – ek weet wat my identiteit is en ek weet wat my roeping is – wie is ek en waarom is ek

Psalm 119 – God wil vir my net die beste hê
Die hele Psalm herinner ons dat God se karakter gereflekteer word deur Sy Woord.

PSALMS 119:1-2
Geseënd is hulle wat opreg lewe, wat leef volgens die gebooie van die Here. Geseënd is hulle wat sy waarskuwings gehoorsaam, Hom met volle oorgawe dien,

Psalm 119:9
Hoe kan ’n jongmens ’n skoon lewe lei? Deur sy lewe in te rig volgens u woord.
Psalm 119:11
Ek het u woord in my hart gebêre zodat ek niet teen U sou bondig die.
Psalm 119:18
Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sien wat opgeskryf is in u gebooie.
Psalm 119:32
Ek sal die pad van u gebooie navolg, want U sal my begrip verbreed.
Psalm 119:105
U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad.
Psalm 119:165
Hulle wat u gebooie liefhet, het groot sekuriteit en niks sal hulle laat struikel nie.

Heb 4:15
Hierdie Hoëpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie.

Die 3 groot NEE van Jesus – Daar staan geskrywe

LUKAS 4:1-12
Jesus het vol van die Heilige Gees die Jordaanrivier verlaat. Hy is deur die Gees na die woestyn toe gelei, waar die duiwel Hom vir 40 dae lank versoek het. Hy het die hele tyd niks geëet nie en aan die einde daarvan was Hy baie honger. Die duiwel het toe vir Hom gesê: “As jy die Seun van God is, verander hierdie klip in ’n brood.” Maar Jesus het vir hom gesê: “Nee! Die Skrif sê: ‘’n Mens het meer as brood nodig om van te lewe.”

Daarna het die duiwel Hom na ’n hoogte geneem en in ’n oogwink vir Hom al die koninkryke van die wêreld gewys. Die duiwel het vir Hom gesê: “Ek sal vir jou die glorie en die mag oor al hierdie koninkryke gee, want hulle is myne om vir enigeen te gee vir wie ek wil. Ek sal dit vir jou gee as jy neerbuig en my aanbid.” Jesus het geantwoord: “Die Skrif sê: ‘Jy moet die Here jou God aanbid en Hom alleen dien.”

Toe het die duiwel Hom na Jerusalem geneem, na die hoogste punt van die tempel, en gesê: “As jy die Seun van God is, spring hier af! Want die Skrif sê: ‘God sal aan sy engele opdrag gee om jou te beskerm. “En: ‘hulle sal jou op die hande dra sodat jy nie dalk jou voet teen ’n klip stamp nie.” Jesus het hom geantwoord: “Die Skrif sê ook: ‘Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

- Ek is wat ek het
- Ek is wat ek doen
- Ek is wat mense van my dink

‭‭Titus‬ ‭2:11-12‬ ‭NIV‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬
“For the grace of God has appeared that offers salvation to all people. It teaches us to say “NO” to ungodliness and worldly passions, and to live self-controlled, upright and godly lives in this present age,”

Saturday, November 3, 2018

Woorde ... Ja


Kom dié November saam op reis deur Ps. 119.
Ontdek God se Ja, dit sal jou help om vir die regte goed Ja en Nee te sê.
Dit nooi ons om te God vra: “Asseblief help my.”
Ook om God se goedheid raak te sien en dankie te sê.

Ex 6 – Die fondasie van die Joodse huwelik. God wat JA, sê vir Israel. 

Hy hoor hoe die Israeliete om hulp vra.

Ex 6:5 Jy kan verseker weet dat Ek gehoor het hoe die mense van Israel kla omdat hulle soos slawe vir die Egiptenaars werk. Ek het onthou van my ooreenkoms met hulle.

  • Hy reageer daarop.

Ex 6:6 “Daarom moet jy vir die Israeliete gaan sê: ‘Ek is die Here. Ek sal julle verlos van die slawewerk in Egipte. Ek sal julle bevry met krag en met sterk vergeldingsdade. 7 Ek maak julle my eie volk. Ek sal julle God wees. Julle sal weet dat dit Ek, die Here julle God, is wat julle van die slawewerk in Egipte bevry het. 8 Ek sal julle laat kom in die land wat Ek onder eed vir Abraham, Isak en Jakob belowe het. Dit sal julle eie land wees. Ek is die Here.


  • Die Israeliete glo nie dit nie, maar God hou aan om na hulle uit te reik. 


In 2 Kor. 1 maak Paulus verskoning dat hy die beloofde besoek aan hulle moes uitstel.

Hy gebruik die geleentheid om te verduidelik dat die Here se Ja, altyd vasstaan.
2 Kor. 1:  20 want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ’n volmondige “ja”. Daarom is dit ook deur Christus se toedoen dat ons, om God te verheerlik, daarop “Amen” sê


  • Elke belofte wat die Here maak dra ‘n stempel van JA. 


Wanneer ons retrospeksie hou van die verlede, sal ons soos Josua kan sê: “God was getrou.”

Jos. 23: 14“Ek sal binnekort sterf. Julle moet egter in julle diepste binnekant oortuig wees dat al die wonderlike dinge wat die Here julle God vir julle beloof het, alles reeds plaasgevind het. Daar is nie een van hulle nog uitstaande nie.
Jy kan jou lewe bou op Sy beloftes. Jy kan Hom vertrou.

Ps. 119 Herinner ons aan God se beloftes soos.

Ps 119 116 Hou my staande
soos U beloof het
sodat ek kan lewe.

41 Here, laat u troue liefde
my oordek,
die redding
wat U my belowe het.

68 U is goed en doen net
wat goed is;
leer my u voorskrifte.

90 U trou is vir geslag na geslag,

116 Hou my staande
soos U beloof het
sodat ek kan lewe.

151 Maar U is naby, Here,
en al u gebooie is betroubaar.


  • Baie mense voel dat God se beloftes nie op hulle van toepassing is nie. 

Hulle voel hulle kwalifiseer nie daarvoor nie.

Ps 119:18 Maak oop my oë
sodat ek die wonders
kan sien wat opgeskryf is in u gebooie.

Rom 4:13 Dit is dus duidelik dat God se belofte om die hele wêreld aan Abraham en sy nasate te gee nie berus het op wetsgehoorsaamheid nie, maar op die nuwe verhouding wat tot stand kom deur die vryspraak deurdat iemand glo.


  • Jy kwalifiseer nie op grond van wat jy gedoen het nie, maar omdat jy in verhouding met Hom staan.


Geloof is die sleutel.

Rom 4: 16 Die geloof is dus die sleutel! God se belofte word as ’n genadegeskenk gegee en ons as sy nageslag sal dit baie beslis ontvang – nie net dié wat die wet ontvang het nie, maar almal wat deel in Abraham se geloof. Want Abraham is die vader van ons almal wat glo.
Ek moet glo dat Hy my wil seën, en dat ek die Here se seën mag en kan beleef.
Gal 3:29 Verder, omdat julle aan Christus behoort, ís julle die nageslag van Abraham en dus erfgename van die belofte!


  • Omdat jy aan Christus behoort is jy ʼn erfgenaam vir seën. 


Die Heilige Gees wil geloof in jou hart aanwakker.

1 Kor. 1:22 Hy het ons as sy eiendom gemerk en die Gees in ons harte gevestig as deposito wat as waarborg dien van alles wat Hy nog vir ons gaan gee.

Ps. 119:38  Bevestig opnuut aan my
u belofte,
wat bedoel is vir hulle
wat U dien.

Onthou en herhaal die beloftes 

Ps 119: 49 Onthou die beloftes
aan u dienaar,
want U het my laat hoop.
50 U belofte laat my weer lewe,
dit vertroos my
in al my ellende.

In elke  opdrag is daar ’n belofte van lewe – Daar is ’n JA stempel.

Ps 119: 81 Ek verlang na u redding;
ek vertrou op u woord.

PS 119:18 Maak oop my oë
sodat ek die wonders
kan sien wat opgeskryf is in u gebooie.

Ps 119: 27 Leer my verstaan
die betekenis van u bevele,
sodat ek u wonders
kan oordink.

TPT Ps 119: 33 Give me revelation about the meaning of your ways
so I can enjoy the reward of following them fully.

64 Give me more revelation of your ways,
for I see your love and tender care everywhere

Jesus soek die beste vir my.
In Sy koninkrykslewe is ’n belofte van seën opgesluit.

Ps. 119 TPT
1 You’re only truly happy when you walk in total integrity,
walking in the light of God’s word.
2 What joy overwhelms everyone who keeps the ways of God,
those who seek him as their heart’s passion!

14 I find more joy in following what you tell me to do
than in chasing after all the wealth of the world.

Daarom kan ek JA sê. 

PS 119: 20 Ek word voortdurend verteer
deur ’n begeerte
na u bepalings.


Die belofte van seën bring mee dat ek eerder “wil”,  as wat ek “moet”.