Saturday, May 20, 2017

Onelife: Living in the Truth



Living in the Truth 

Kolossense is geskryf in die tyd wat Nero oorgeneem het as die heerser van die Romeinse ryk.
Hy het homself voorgehou as die hoop vir die volgende seisoen.

Paulus kom plaas Jesus teenoor Nero in ‘n gedig wat Hy vir die Kolossense-gemeente skryf.

Ons tel twee temas van Hoop op in die gedig. Dit weerspieel  iets van hoe die Jode na Hoop kyk.

Hoop volgens die Jode is gebou op twee Pilare:
1. ‘n Goeie God het die aarde goed geskape.
2. ‘n Goeie God kom die gebrokenheid wat die mens veroorsaak het herstel.

Lees Kol 1 en sien hoe die twee temas na vore kom.

Die voorrang van die Seun

15 Die Seun is die beeld van God,
van God wat self nie gesien kan word nie.
Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.
16 God het deur Hom alles geskep
wat in die hemel en op die aarde is:
alles wat gesien kan word
en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders.
Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
17 Voor alles was Hy al daar,
en deur Hom bly alles in stand.
18 Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk.
Hy is die oorsprong daarvan,
Hy is die Eerste,
die Een wat uit die dood opgestaan het,
sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.
19 God het besluit
om met sy volle wese in Hom te woon
20 en om deur Hom alles
met Homself te versoen.
Deur die bloed van sy Seun aan die kruis
het Hy die vrede herstel,
deur Hom het Hy alles op die aarde
en in die hemel met Homself versoen.

Jesus word die hoeksteen van ons Hoop.
Kol 1 23 Maar dan moet julle vas en sterk bly staan in die geloof en julle nie laat losruk van die hoop wat in julle gewek is deur die evangelie wat julle gehoor het nie. Dit is die evangelie wat aan al die mense op die aarde verkondig is en waarvan ek, Paulus, 'n dienaar geword het.

Les:  Staan vas in die geloof op wie Jesus is, die een op wie ons, ons Hoop plaas.

Jesus het God se hart vir ons kom wys:
Sien hoe Hy in die volgende twee stories hoop gee vir mense.
Hy raak in hulle wêreld betrokke en stap saam met hullle die pad van hoop.

Jesus roep Matteus as dissipel

Matt 9:9 Toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ’n man met die naam Matteus by die tolhokkie sit. Hy sê toe vir hom: “Kom! Word my dissipel!” Matteus het opgestaan en Jesus se dissipel geword.
10 Matteus het toe ’n groot ete aangebied en, werklikwaar, baie van sy medetollenaars en ander berugte sondaars het gekom en die tafel met Jesus en sy dissipels gedeel. 11Toe die Fariseërs dit agterkom, vra hulle vir Jesus se dissipels: “Hoe kan julle leermeester met sulke immorele karakters saameet?”
12 Toe Jesus dit hoor, sê Hy: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie; die siekes wel. 13 Gaan leer wat dit beteken as die Skrifwoord sê: ‘Ontferming is vir My baie belangriker as offerandes.’ Ek het gekom om sondaars na die koninkryk te nooi, nie mense wat dink dat hulle alreeds goed genoeg is nie.”

Jesus ontferm Hom onverdiend oor ons.

Matt 8: 1 Toe Jesus van die berg af kom, het ’n groot skare Hom gevolg. 2 Daar kom toe onverwags ’n man met ’n ernstige velsiekte nader en val voor Jesus neer met die woorde: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.”
3 Daarop steek Jesus sy hand na hom toe uit, raak hom aan en sê: “Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!” En dadelik het sy velsiekte verdwyn.

Neem die volgende in ag.

  • Melaatsheid was gesien as ‘n straf vir sonde
  • Jy is verwerp.
  • Niemand mag aan jou raak nie, dan word hulle ook onheilig.


Met dit ingedagte, vra die man of Jesus hom wil gesondmaak?

  • Jesus wil en raak betrokke.
  • Jesus omferm Hom oor die man en raak hom aan.
  • Jesus raak betrokke in ons lewe en raak die hoop:
  • In tye van hartseer.
  • In tye waar ons wysheid kort


Hy wil ons gesondmaak en deur sy WAARHEID na ‘n lewe van oorvloed lei.

Sodat
1 Petr 3:15 Inteendeel, erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. 16 Doen dit egter taktvol en eerbiedig. Sorg dat julle gewete skoon bly. Wanneer mense dan sleg van julle praat, sal hulle skaam kry wanneer hulle agterkom hoe voorbeeldig julle leefstyl is omdat julle aan Christus behoort.

Vers 16: Jou leefstyl, ‘n lewe waar jy intap in Jesus ons hoop, raak n storie, wat ander mense wil lees:
Jou leef met n ander gesindheid.
Jou geloof en optrede  laat mense vrae vra oor die HOOP wat in jou leef.


  • God werk deur ons om Sy hoop te versprei
  • Jou antwoord bring Hoop vir ander mense.
  • Jesus word die Hero van jou storie.


No comments:

Post a Comment