Saturday, May 6, 2017

Love by God



Love by God

Nikodemus kom in die nag na Jesus en gesels oor redding.
In die gesprek verwys Jesus daarna dat Hy eerste na ons uitgereik het.
Joh. 3:16 Is in die middel van die gesprek.

Joh 3:16 “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. 17 God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word.

Die beginsel van “So Lief”

Onvoorwaarlike opofferende liefde. Hy het jou so lief, en jy is vir Hom so waardevol, dat Hy Sy lewe gegee het vir jou.


  • Jesus veroordeel nie – Sy liefde reik onverdiend uit na jou.
  • Sodat jy verlos kan word  – Sodat jy herstel kan word tot die waarde wat God in jou sien.


Isa 61:10  Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel--soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele

Sy liefde kry uitdrukking daarin dat Hy ons waarde in Hom herstel het.

Jesus se liefde moet ons inspireer om Soos Hy lief te hê. 

Rom 5:5 En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Sien raak hoe lief God jou het.
En besef hierdie selfde bonatuurlike liefde is ons harte uitgestort.

Skep gereeld geleenthede waar jy fokus om Jesus se liefde te ontdek.

Soos jy Sy liefde ontdek in diensbaarheid, genade ens.  moet jy begin om jou optredes te belyn. Dit is tog wie jy is.

Ef 51-2 Watch what God does, and then you do it, like children who learn proper behavior from their parents. Mostly what God does is love you. Keep company with him and learn a life of love. Observe how Christ loved us. His love was not cautious but extravagant. He didn’t love in order to get something from us but to give everything of himself to us. Love like that.
Ontdek en leef.
Spandeer tyd met Jesus en leer ’n lewe van liefde.
Leef onvoorwaarllike liefde radikaal uit.

2 Cor 5:13 If I acted crazy, I did it for God; if I acted overly serious, I did it for you. Christ’s love has moved me to such extremes. His love has the first and last word in everything we do.
Laat liefde jou optrede bepaal.
Laat liefde jou dryf om radikaal te leef.

Dus juis hierdie liefde wat ons dryf om uit te reik na mense wat nog nie Jesus volg nie.

Matt 9:36 Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid. Hulle was soos skape sonder ’n wagter. 37 Daarop sê Hy vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die werkers is min. 38 Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien.”


  • Jesus se model was gekenmerk deur uit te reik na mense in nood.
  • Hulle daardeur te wys hoe lief het Jesus hulle. 
  • En hulle te begelei om te ontdek dat God hulle waarde wil herstel.


Omdat ons ander liefhet en as waardevol sien, dryf dit ons om uit ons gemaksone te beweeg en betrokke te raak in mense se lewens.

Groepslewe fokus

  • Gesels oor hoe Jesus Sy liefde prakties al aan jou gewys het.
  • Hoe kan jy betrokke raak in mense se nood? 
  • Bid as selgroep saam vir mense wat nog nie Jesus ken nie.



No comments:

Post a Comment