Saturday, March 12, 2016

Jesus Nou - Die Lewe Van Jesus - Man in the Mirror


Jesus Nou – Die lewe van Jesus – Man in the Mirror

Joh 1:1-2 en 14
In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God.
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. 
Micheal Jackson het ‘n liedjie geskryf met die naam Man in the Mirror

 God het Jesus na die mens gestuur sodat die mens kan ontdek wat God se bedoeling vir die mens is

Christus het ons kom voorstel aan ons ware identiteit

Christus het nie ‘n voorbeeld vir mens nie maar van mens

Efes 1:3-4
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.
The Message
How blessed is God! And what a blessing he is! He’s the Father of our Master, Jesus Christ, and takes us to the high places of blessing in him. Long before he laid down earth’s foundations, he had us in mind, had settled on us as the focus of his love, to be made whole and holy by his love. Long, long ago he decided to adopt us into his family through Jesus Christ.

Rom 8:29-30
God knew what he was doing from the very beginning. He decided from the outset to shape the lives of those who love him along the same lines as the life of his Son. The Son stands first in the line of humanity he restored. We see the original and intended shape of our lives there in him.

Francois du Toit - GOD FOUND YOU IN JESUS BEFORE YOU WERE LOST IN ADAM

Matt 22:34-40
Toe die Fariseërs hoor dat Jesus met sy antwoord die Sadduseërs koudgesit het, het hulle bymekaargekom om ’n nuwe plan teen Hom te bedink. Een van hulle, ’n deskundige op die wet, het Hom toe met die volgende vraag probeer vastrek: “Leermeester,” vra hy, “wat is die belangrikste opdrag in die wet van Moses?” Jesus se antwoord was: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ Dit is die eerste en belangrikste opdrag. Die tweede, ewe belangrike opdrag is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Al die ander vereistes van die wet en die profete berus op hierdie twee gebooie.”

Jy moet God liefhê met alles in jou
Jy moet jou naaste liefhê
Jy moet jou self liefhê

Die manier hoe jou liefde uitdrukking vind teenoor God en die manier hoe jou liefde uitdrukking vind teenoor jou naaste word in ʼn baie groot mate bepaal deur hoe jy jouself liefhet

 Ons is NIE geskep om te lewe binne ʼn verwysing of raamwerk om ʼn klomp goedjies te doen om ons gedrag te probeer aanpas nie

Ons IS bestem om te leef vanuit ʼn verwysing en raamwerk van wie ons in Christus is

Neil T. Anderson -  "understanding your identity in Christ is absolutely essential to your success at living the victorious Christian life." 

Want onthou – Identiteit bepaal jou aktiwiteit

NB - Wat God oor my se dit is ek.

Hoe meer jy jouself sien in jou nuwe identiteit, hoe meer gaan dit jou optrede verander.

'n Opsomming van wie jy "in Christus is"
  • "In Christus" is daar vrede tussen jou en die Vader (Rom 5:1)
  • "In Christus" kan jy op genade aanspraak maak (Rom 5:2)
  • "In Christus" is jy 'n nuwe skepping (2 Kor 5:17)
  • "In Christus" is daar geen meer veroordeling nie (Rom 8:1)
  • "In Christus" is ons vrygespreek en geregverdig (1 Kor 1:30)
  • "In Christus" is ek kind/seun van God (Joh 1:12)
  • "In Christus" is ek volkome/kompleet (Kol 2:9-10)


Sien jouself as die man of die vrou in die spieël – Wat sien jy – Wie sien jy?

2 Kor 3:18
Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.

DIE HELE BYBEL GAAN OOR JESUS, MAAR JESUS GAAN OOR JOU!

Neil T. Anderson - THE MORE YOU REAFFIRM WHO YOU ARE IN CHRIST, the more your behavior will begin to reflect your true identity!

Jesus is God se finale uitspraak oor die mens.

In Christus bly die ware identiteit van die mens behoue ten spyte van die val van Adam.


Jesus is die bloudruk van die mens se oorsprong. 

No comments:

Post a Comment