Saturday, March 19, 2016

Jesus Nou 2 - Defining moments


Heel eerste keer wat ek Bybel gelees het en Jesus gesterf het, het nie sin gemaak.
Jesus was dan die held wat water in wyn verander.
Getsemane en wat daarna gebeur het voel nie reg nie.
Dit is nie ‘n happy ending nie.
Ons hou ook nie daarvan as ons lewens anders uitdraai as wat ons verwag het nie
Ons roep uit na God, ons weet Hy kan in ‘n oomblik die situasie verander, maar Hy doen nie.
So waarmee is Hy besig?

Mar 14:35(MSG)  Going a little ahead, he fell to the ground and prayed for a way out:
Mar 14:36  "Papa, Father, you can--can't you?--get me out of this. Take this cup away from me. But please, not what I want--what do you want?"
Mar 14:37  He came back and found them sound asleep. He said to Peter, "Simon, you went to sleep on me? Can't you stick it out with me a single hour?
Mar 14:38  Stay alert, be in prayer, so you don't enter the danger zone without even knowing it. Don't be naive. Part of you is eager, ready for anything in God; but another part is as lazy as an old dog sleeping by the fire."

Vandag wil ek gesels oor die Getsemane’s van jou lewe.

1. JOU PERSEPSIE VAN GOD WORD BEVRAAGTEKEN?

Partykeer dink ons Hy is ‘n vending machine om watter behoefte wat ons ookal het te vervul.
OF Ons dink Hy weerhou sekere goed van ons en dit hang van ons af om dit te kry en ons sal alles in die stryd werp om seker te maak ons kry wat ons wil hê.
Ons het nie ‘n akkurate prentjie van wie Hy is nie.

Jesus wants to be the goal of your life, and not just the stepping stone to your agenda of earthly happiness and self-satisfaction – Watchman Nee

Every crisis in life is an opportunity to discover Christ – Larry Crabb

Mike Bickle praat van die 7 begeertes wat elke mens het:  ‘Longing to be fascinated, to be beautifull, to be great and successful, to be intimate without shame, to be wholehearted and passionate, to be enjoyed, to make a deep and lasting impact.’
Jy is so ge-design – God het jou so aan mekaar gesit – Hy wil elke behoefte vervul, maar op Sy tyd en Sy terme.
Wanneer iemand besig is om te verdrink is die gevaarlikste ding om hom van voor af te benader. Omdat hy so desperaat is om te oorleef, sal hy enige iets doen om dit te maak gebeur, hy sal selfs sy redder vertrap. Dis wat enige mens doen wanneer hy dink iets word van hom ontneem.
Dis wat Eva gedoen het. Dis wat Esau gedoen het.
Ons maak dom keuses wanneer ons nie God se hart ken en weet waarmee Hy besig is nie en Hom nie vertrou nie

2. JY BETREE ‘N STRYD

Getsemane is ‘n DEFINING MOMENT vir Jesus. Wat Hy nou doen gaan Sy lewe en miljoene ander s’n beinvloed. Jesus beleef ‘n stryd in sy gemoed.
Die Afrikaans sê: ‘Die gees is gewillig, maar die vlees is swak’.
Hy het gestoei met dit wat vir Hom gemaklik sou wees en dit wat sy Vader van Hom begeer het
Dis nie die eerste keer dat Jesus in hierdie stryd is nie – Matt 4 – versoeking in woestyn: verander klippe in brood, spring van tempel af en laat engele jou vang, aanbid satan en jy sal die koninkryke van die wêreld beerwe. Gaan Hy sy Vader vertrou of Homself help? In Getsemane gaan Hy doen wat gemaklik is, gaan Hy doen wat Sy vader van Hom verlang?
Ek en jy beleef ook DEFINING MOMENTS. Jy betree ‘n stryd en jy moet ‘n keuse maak en dit impakteer jou en ander se lewens. Wat gaan jy kies?

STORIE: JONG MANNE IN SLAWERNY VERKOOP IN KARRIBIESE EILANDE

3. JY MAAK ‘N KEUSE

1Jn 2:15(AOV)  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
1Jn 2:16  Want alles wat in die wêreld is--die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe--is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
1Jn 2:17  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Die skrywer kontrasteer die tydelike met die ewige.
Ons begeer onmiddelike vervulling op watter terme ookal – Esau
Wil jy tydelike gemak en aansien hê of ‘n ewige reward en nalatenskap?

STORIE VAN CORRIE TEN BOOM

4. WAARMEE IS GOD BESIG?

Heb 5:7(AMP)  In the days of His flesh Jesus offered up definite, special petitions and supplications with strong crying and tears to Him Who was always able to save Him from death, and He was heard because of His reverence toward God.
Heb 5:8  Although He was a Son, He learned active, special obedience through what He suffered.
Heb 5:9  And, His completed experience making Him perfectly equipped, He became the Author and Source of eternal salvation.

Elke krisis is ‘n geleentheid om meer soos Christus te lyk en om te heers.
God lei ons altyd in oorwinning.

5. WAT OM TE ONTHOU IN JOU GETSEMANE …

Luk 22:43(AOV)  En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.
Luk 22:44  En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.

1. God is by jou en Hy versterk jou
2. Groei in intimiteit in sulke tye
3. Daar is oorwinning in elke stryd

Saturday, March 12, 2016

Jesus Nou - Die Lewe Van Jesus - Man in the Mirror


Jesus Nou – Die lewe van Jesus – Man in the Mirror

Joh 1:1-2 en 14
In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God.
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. 
Micheal Jackson het ‘n liedjie geskryf met die naam Man in the Mirror

 God het Jesus na die mens gestuur sodat die mens kan ontdek wat God se bedoeling vir die mens is

Christus het ons kom voorstel aan ons ware identiteit

Christus het nie ‘n voorbeeld vir mens nie maar van mens

Efes 1:3-4
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.
The Message
How blessed is God! And what a blessing he is! He’s the Father of our Master, Jesus Christ, and takes us to the high places of blessing in him. Long before he laid down earth’s foundations, he had us in mind, had settled on us as the focus of his love, to be made whole and holy by his love. Long, long ago he decided to adopt us into his family through Jesus Christ.

Rom 8:29-30
God knew what he was doing from the very beginning. He decided from the outset to shape the lives of those who love him along the same lines as the life of his Son. The Son stands first in the line of humanity he restored. We see the original and intended shape of our lives there in him.

Francois du Toit - GOD FOUND YOU IN JESUS BEFORE YOU WERE LOST IN ADAM

Matt 22:34-40
Toe die Fariseërs hoor dat Jesus met sy antwoord die Sadduseërs koudgesit het, het hulle bymekaargekom om ’n nuwe plan teen Hom te bedink. Een van hulle, ’n deskundige op die wet, het Hom toe met die volgende vraag probeer vastrek: “Leermeester,” vra hy, “wat is die belangrikste opdrag in die wet van Moses?” Jesus se antwoord was: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ Dit is die eerste en belangrikste opdrag. Die tweede, ewe belangrike opdrag is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Al die ander vereistes van die wet en die profete berus op hierdie twee gebooie.”

Jy moet God liefhê met alles in jou
Jy moet jou naaste liefhê
Jy moet jou self liefhê

Die manier hoe jou liefde uitdrukking vind teenoor God en die manier hoe jou liefde uitdrukking vind teenoor jou naaste word in ʼn baie groot mate bepaal deur hoe jy jouself liefhet

 Ons is NIE geskep om te lewe binne ʼn verwysing of raamwerk om ʼn klomp goedjies te doen om ons gedrag te probeer aanpas nie

Ons IS bestem om te leef vanuit ʼn verwysing en raamwerk van wie ons in Christus is

Neil T. Anderson -  "understanding your identity in Christ is absolutely essential to your success at living the victorious Christian life." 

Want onthou – Identiteit bepaal jou aktiwiteit

NB - Wat God oor my se dit is ek.

Hoe meer jy jouself sien in jou nuwe identiteit, hoe meer gaan dit jou optrede verander.

'n Opsomming van wie jy "in Christus is"
  • "In Christus" is daar vrede tussen jou en die Vader (Rom 5:1)
  • "In Christus" kan jy op genade aanspraak maak (Rom 5:2)
  • "In Christus" is jy 'n nuwe skepping (2 Kor 5:17)
  • "In Christus" is daar geen meer veroordeling nie (Rom 8:1)
  • "In Christus" is ons vrygespreek en geregverdig (1 Kor 1:30)
  • "In Christus" is ek kind/seun van God (Joh 1:12)
  • "In Christus" is ek volkome/kompleet (Kol 2:9-10)


Sien jouself as die man of die vrou in die spieël – Wat sien jy – Wie sien jy?

2 Kor 3:18
Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.

DIE HELE BYBEL GAAN OOR JESUS, MAAR JESUS GAAN OOR JOU!

Neil T. Anderson - THE MORE YOU REAFFIRM WHO YOU ARE IN CHRIST, the more your behavior will begin to reflect your true identity!

Jesus is God se finale uitspraak oor die mens.

In Christus bly die ware identiteit van die mens behoue ten spyte van die val van Adam.


Jesus is die bloudruk van die mens se oorsprong. 

Saturday, March 5, 2016

Seunskap - Die fondasie tot ons boodskap


Verlede week het ons Doxa Deo se 20ste verjaardag gevier waarin ons die verlede gevier het maar, waar ons ook gesê het da tons vertrou die Here om dit te doen wat Hy gedoen het die die laaste 20 jaar om dit te doen in 5 jaar.

Die viering het my laat vra: Wat is dit wat my laat maak het om deel te wees van dit wat hier gebeur?
Wat is die een ding wat my laat verstaan het dat God se koninkryk kry uitdrukking in hierdie droom van Doxa Deo en ek het ‘n deel daarin. My roeping (calling) is gekoppel aan dit wat hier gebeur?
Vandag wil ek dan met jou gesels oor die fondasie, ‘n vertrekpunt van die verstaan van Christus en belangrikheid tot ons boodskap in Doxa Deo.

Die Bybel is opgedeel in twee komponente:
‘n Ou Testament en ‘n Nuwe Testament

Ou Testament is gekryf in Hebrews en regdeur die ou Testament word die woord “berit” wat beteken “verbond” of “ooreenkoms”.  An “agreement” gebou op die fondasie van: “As jy doen …sal Ek doen”. ‘n goeie voorbeeld daarvan is Deuternomium 28…. Dit het sekere uitdagings gebring… as jy nie doen nie dan is jy vervloek, maar as jy doen is jy geseën. Die Ou Testament profete het begin profeteer van ‘n nuwe verbond.

Nuwe Testament is geskryf in Grieks en in die nuwe Testament word die woord “diatheke” dit word nie gebruik as ‘n ooreenkoms nie maar eerder ‘n erfgenaamskap. Dit is hoekom die ou verbond en die nuwe verbond nie dieselfde is nie. Die vertalers van die Nuwe Testament het partykeer gesukkel om dit te vertaal want hulle was gewoond aan die “ou verbond” so partykeer in die Nuwe Testament sal jy die word “verbond” of “Testament” kry. Die vertaan van die nuwe verbond/testament is dat iemand voor ons uitgegaan het en hierdie ooreenkoms vervul het en gesterf het sodat ek en jy kan erf.

Heb 7:22  ANV So het Jesus ook van 'n beter verbond borg geword.

Heb 7:22 MSG  This makes Jesus the guarantee of a far better way between us and God--one that really works! A new covenant.

Ek is nie die waarborg van hierdie nuwe verbond nie maar Christus is.

Ek kon nie aan die vereistes van die ou verbond voldoen nie, maar Hy Christus het aan al die vereistes voldoen sodat ek kan leef in die realiteit van my erfenis. Alles wat Syne is, is myne.

Heb 9:16-17 ANV  Dit is soos met 'n testament: daar moet eers bewys word dat die testamentmaker dood is,  (17)  want 'n testament word alleen geldig by die dood van die testamentmaker; dit word nooit van krag so lank as hy nog leef nie.

Heb 9:16-17 AMP  For where there is a [last] will and testament involved, the death of the one who made it must be established,  (17)  For a will and testament is valid and takes effect only at death, since it has no force or legal power as long as the one who made it is alive.
Die beginsel van ‘n Testament: Iemand moet sterf. Wanneer dit kom by erf het jy absoluut niks gedoen om dit te kry nie. Maar jy is ‘ingesluit’ in daardie erfporsie. Ons het nodig om te ontdek ons is ‘ingesluit’ in die erfdeel van Christus (ons is Sy erfdeel Efe 1). Hy is ons erfdeel maar ook alles wat syne is is myne en joune. As ons opgewonde kan raak oor ‘n aardse erfporsie hoeveel meer oor dit wat in Christus is. Hierdie was die geheim van God se hart, dit was iets waarin die engele wou insien. Dat Jesus Christus op die laaste nagmaal oomblik op aarde sê: Dit is my liggaam wat vir jou gebreek is…hierdie is my bloed wat vir jou vloei om jou in te sluit in die grootste geheim in God se hart. En dan sterf Hy aan ‘n kruis en sê: “Dit is volbring” volgende week begin ons in ons reeks oor paasfees – Jesus nou! Dit te vier. Jy is ingesluit, die prys is betaal, in My is alles.

Heb 2:9-10 ESV  But we see him who for a little while was made lower than the angels, namely Jesus, crowned with glory and honor because of the suffering of death, so that by the grace of God he might taste death for everyone.  (10)  For it was fitting that he, for whom and by whom all things exist, in bringing many sons to glory, should make the founder of their salvation perfect through suffering.

Hoekom sukkel ons om partykeer ons erfgenaamskap in besit te neem?

Gal 4:1-7  Hierby wil ek nog dít sê: Solank 'n erfgenaam nog minderjarig is, verskil sy posisie nie werklik van dié van 'n slaaf nie, al behoort die hele erfenis aan hom.  (2)  Tot die dag wat sy pa bepaal het, staan hy onder toesig van voogde en word sy besittings deur bestuurders beheer.  (3)  En so is dit ook met ons. Toe ons nog geestelik onmondig was, was ons slawe van wettiese godsdienstige reëls.  (4)  Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit 'n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe  (5)  om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word.  (6)  En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: "Abba!" Dit beteken: Vader!  (7)  Jy is dus nie meer 'n slaaf nie; jy is nou 'n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.

Gal 4:1-6 ESV  I mean that the heir, as long as he is a child, is no different from a slave, though he is the owner of everything,  (2)  but he is under guardians and managers until the date set by his father.  (3)  In the same way we also, when we were children, were enslaved to the elementary principles of the world.  (4)  But when the fullness of time had come, God sent forth his Son, born of woman, born under the law,  (5)  to redeem those who were under the law, so that we might receive adoption as sons.  (6)  And because you are sons, God has sent the Spirit of his Son into our hearts, crying, "Abba! Father!"

Aanneming is nie dieselfde as in ons kultuur nie. Die Pa sal sy seun vat end an verskeie mense vra om inspraak te gee in sy Seun se lewe tot op die tyd dat daar ‘n annemingseremonie is. Hierdie seremonie is die transie van die kind na die seun, hy verklaar sy seun is nou volwasse, die Pa identifiseer dat die seun nou ‘n erfgenaam is. Vandag in die Joodse kultuur sien ons iets daarvan in die barmitsva. Die word wat hier gebruik word is die word “nēpios” – wat beteken iemand wan nie ‘n regmatige stand het nie na “uihos” – wat beteken seun/erfgenaam.

Die beginsel van seunskap: Ons is nie langer meer in ooreenkoms met God nie ons is ingesluit in ‘n oomblik. Ek is ‘n seun en ‘n dogter alles wat Jesus sin is myne.
The principle of sonship:We are no longer negotiators with God but we were included in a moment. You are included in Christ, no child anymore but a son and a daughter taking hold of the authority of God to reign on this earth.

Hier is twee goed wat ‘n Vader gedoen het tydens hierdie trasisie na volwassenheid. (Seunskap oomblik) (Voorbeeld)

1. Hy het ‘n kleed voorberei – ‘n kleed was ‘n verwysing na jou identiteit, Koning dra ‘n koningskleed.
2. Dan het ‘n Vader ook in die Publiek uitgeroep – “uihos” – dit is my Seun – Jesus se doop - (Luk 4)

Gal 4:1-7  Hierby wil ek nog dít sê: Solank 'n erfgenaam nog minderjarig is, verskil sy posisie nie werklik van dié van 'n slaaf nie, al behoort die hele erfenis aan hom.  (2)  Tot die dag wat sy pa bepaal het, staan hy onder toesig van voogde en word sy besittings deur bestuurders beheer.  (3)  En so is dit ook met ons. Toe ons nog geestelik onmondig was, was ons slawe van wettiese godsdienstige reëls.  (4)  Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit 'n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe  (5)  om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word.  (6)  En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: "Abba!" Dit beteken: Vader!  (7)  Jy is dus nie meer 'n slaaf nie; jy is nou 'n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.

Gal 4:1-7 ESV  I mean that the heir, as long as he is a child, is no different from a slave, though he is the owner of everything,  (2)  but he is under guardians and managers until the date set by his father.  (3)  In the same way we also, when we were children, were enslaved to the elementary principles of the world.  (4)  But when the fullness of time had come, God sent forth his Son, born of woman, born under the law,  (5)  to redeem those who were under the law, so that we might receive adoption as sons.  (6)  And because you are sons, God has sent the Spirit of his Son into our hearts, crying, "Abba! Father!" So you are no longer a slave, but a son, and if a son, then an heir through God.

Verduideliking…….

Gal 3:23-29 ESV  Now before faith came, we were held captive under the law, imprisoned until the coming faith would be revealed.  (24)  So then, the law was our guardian until Christ came, in order that we might be justified by faith.  (25)  But now that faith has come, we are no longer under a guardian,  (26)  for in Christ Jesus you are all sons of God, through faith.  (27)  For as many of you as were baptized into Christ have put on Christ.  (28)  There is neither Jew nor Greek, there is neither slave nor free, there is no male and female, for you are all one in Christ Jesus.  (29)  And if you are Christ's, then you are Abraham's offspring, heirs according to promise.

Gal 3:23-29  Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek.  (24)  Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom, sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word.  (25)  Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het, staan ons nie meer onder die toesig van die wet nie.  (26)  Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God,  (27)  want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword.  (28)  Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.  (29)  En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

Dit is so belangrik om my seunskap te verstaan, ek is ‘n erfgenaam. Jesus se doop is ‘n voorbeeld hiervan. (Luk 4). Heilige Gees beklee hom, lei hom in die woestyn en die Duiwel kom en sê: As jy die Seun van God is…Duiwel wil ons laat twyfel in ons seunskap dan bly ons kinders en is niks anders as slawe nie.

‘n Nuwe gesprek is oop….

Heb 1:1-2  In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete,  (2)  maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.

Hoekom kry die vyand dit reg om ons blind te hou en weg te hou van ons erfgenaamskap? Luk 15 – Die verlore Seun

1. Onkunde  (v11)– Paulus bid vir die Efesiërs vir die verligte oë van hul verstand. Sodat hulle kan ontdek die werk is volbring aan die kruis.

Eph 1:18 AMP  By having the eyes of your heart flooded with light, so that you can know and understand the hope to which He has called you, and how rich is His glorious inheritance in the saints (His set-apart ones),

Luk 15:11-12  Verder het Jesus gesê: "Daar was 'n man wat twee seuns gehad het.  (12)  Die jongste het vir sy pa gesê: 'Pa, gee my die deel van die besittings wat my toekom.' Hy het toe die goed tussen hulle verdeel.

Hulle weet nie wat hul gehad het voordat hulle nie gevra het nie.

2. Die siklus van skuld en veroordeling (v18) – Genade siklus waarin ek ontdek my identitiet is vas trek aan my kleed en herinner myself aan my identiteit.

Luk 15:17-18  Toe kom hy tot inkeer en sê: 'My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger.  (18)  Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig!

Luk 15:22  Maar sy pa roep sy werksmense: 'Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom 'n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan!


3. Die vasval in godsdiens en tradisies (v30)

Luk 15:30-31  Maar nou dat hierdie seun van Pa, wat Pa se goed met prostitute deurgebring het, terugkom, het Pa vir hom die vetgemaakte kalf geslag!'  (31)  Toe sê die pa vir hom: 'Kind (Seun) , jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune.

Seunskap is die fondasie tot ons word en die evangelie, uit hierdie vertrekpunt kan ek elke fasset van die evangelie benader en ontdek ek is ‘n seun en ‘n dogter in die Vader se huis.

Bediening
1. Jy het dalk nodig om net weer beklee te word vandag
2. Nagmaal – hierdie is die simbool van my en jou seunskap en dogterskap

Kleingroep:
1. Hoe verstaan jy seunskap?
2. Dink jy daar is een van hierdie elemente in Luk 15 wat die Waarheid is in jou lewe?
3. Hoe gaan jy elke dag meer leef in hierdie realiteit?