Saturday, November 15, 2014

Heerskappy


Agtergrond
  • Die Here het die Heerskappy van die aarde aan ons as mens gegee. Gen. 1:26-28 Ps. 8.
  • Met die sondeval gee  die mens sy  heerskappy oor die aarde af aan die duiwel.  Joh. 12  Gen. 3
  • Christus het nie net vir ons sonde gesterf nie, maar Hy  het ook die reg om te regeer terug geneem met Sy kruisdood.
  • Hierdie gesag het Hy aan ons kom teruggee.  Kol. 2:25


Twee fokus areas t.o.v. heerskappy
  • Dat ons, ons posisie as heersers sal inneem.
  • Dat jy jouself ondergeskik sal plaas aan die heerskappy van Christus.


God se plan vir die mens

Ons is geskape om te heers.

Gen. 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Gen. 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

PS 8:7 U laat hom heers oor die werke van u hande:  U het alles onder sy voete gestel
Hebr2 :8 ... U het hom gekroon en hom oor die werke van U hande aangestel

Met die skepping het God Sy Gees in die mens geblaas.

Job.33:4 Die gees van God het my gemaak die asem van die Almagtige het my lewe gegee

Hy het die mens geskape om saam met Christus te heers.


Jesus se oorwinning

Kol 1:13 Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis en ons oorgebring onder die koningsheerskappy van sy geliefde Seun.

Die woord verlos word altyd gebruik in die konteks van slawerny. Dit is wanneer iemand ‘nc slaaf vrykoop van sy eienaar.

Ons word deel van ‘n nuwe koninkryk waarvan Christus die Koning is.

Fil.  3:20  Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,

Daar word verder na ons as mense verwys as konings.

Die beginsel is dat Jesus ons Koning is, en ons word onder Hom aangestel as heersers.

Ons word verlos (as slaaf onder die heerskappy van die duiwel).

Open. 5:9 “U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie.

Dit beteken ons neem ‘n nuwe gesagsposisie in, met die gesindheid van ‘n diensbare hart.

Open. 5: 10 U het hulle 'n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer.”

Dit gaan nie meer oor die Ek en die Koning nie, maar die KONING EN EK


Jesus word Koning oor Sy hele Koninkryk en word as ambassadeurs  aangestel is in Sy
Koninkryk

Open. 1:5 en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos

Lees ook
Open 5:9 “U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie.
10 U het hulle 'n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer.”

Jesus as voorbeeld vir ons.

Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

  • ·       Ek is die weg: Voorbeeld van  Prototipe :
  • ·         Ek is die waarheid (openbaring van die manier waarop julle moet lewe en dit is ware lewe).


Joh 14:9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
Joh 14:10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.

Joh 14:11 Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self.

Leef nou ook so …

Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
Joh 14:13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

Joh 14:10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.

Ons lewe vanuit Hom in ons.
Dus is jy bestem om in Heerskappy te wandel.

Die sleutel tot Heerskappy is gehoorsaamheid aan die Koning.

Om Ja te sê as Hy sê as Hy praat.
  • Jy kan heers oor sondige gewoontes.
  • Jy kan heers oor jou lewensingesteldheid.
  • Jy kan heers oor jou elke dag keuses

  • Fokus op die oorwinning van die Here.
  • Se dankie vir wie ek in Christus is.



Jy is geroep om saam met God te heers en om sy Koninkryk op aarde uit te bou.

1 Peter 4:10 "God has given each of you some special abilities be sure to use them to help each other, passing on to others God's many kinds of blessing." 
1Pe 4:11  As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word

Ontdek wie jy is en neem jou posisie in as Koning om in heerskappy te wandel

No comments:

Post a Comment